Caramel sê hy beter vegter as Low Key

Die besoeker vir die hoofgeveg van Saterdagaand se Legacy Fight Part 2-boksfees is gister aan die media voorgestel.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die 26-jarige Hongaarse bokser Zoltán Dániel Kovács (bynaam Caramel) het gisteroggend halfnege sy eerste treë op Namibiese bodem by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gegee.

Die 1.79 m lange Kovács van Nyírpazony in die ooste van Hongarye is hier om Saterdagaand in die kryt teen Jeremiah Nakathila van Namibië (Low Key) verlore aansien te herwin. Die Wêreldboksorganisasie (WBO) se nuwe “globale” junior liggewigtitel (57-59 kilogram) sal by die Windhoek Buiteklub op die spel staan.

Kovács was volgens Lajos Nagy, sy bestuurder, tevore deur die WBO as sy 14de aanspraakmaker op sy wêreldranglys aangedui. Vanweë 'n besering was hy egter vir elf maande (Junie 2017 tot Mei 2018) glad nie in die kryt nie. Vanweë hierdie onaktiewe periode het hy sy posisie op die WBO se wêreldranglys verloor.

“Zoltán was vir byna 'n jaar beseer, maar is nou reeds weer met drie oorwinnings in die laaste jaar besig om die pad boontoe te klim en sy regmatige plek op die WBO-ranglys te herwin. As hy nie beseer was nie, sou hy moontlik nou al in die tweede of vierde posisie by die WBO gewees het. Hy word ook deur die Internasionale Boksfederasie (IBF) se ranglys erken, wat 'n aanduiding is hoe hoog Zoltán gereken word.

“Ná sy geveg teen Nakathila sal die WBO sy ranglys vir die nuwe maand moet heroorweeg. Ons het die grootste respek vir wat Nakathila reeds bereik het, maar Zoltán is beslis die beter bokser van die twee en hy sal dit Saterdagaand bewys. Hy wil ook vir die WBO se wêreldkroon veg,” het Nagy gesê.

Kovács het 29 gevegte op sy getuigskrif en spog met 23 oorwinnings waarvan net sewe met uitklophoue gewen is. Al sy nederlae (vyf, een keer uitgeslaan) was in 2014 of vroeër, met een gelykopuitslag in 2015. Hy is boonop 'n gesoute reisiger met gevegte in Slovakye, Ierland, Noord-Ierland, Engeland, Duitsland en Pole op sy kerfstok.

Hy word tans weer deur beide die IBF en WBO op nr. 15 erken, maar 'n oorwinning in Windhoek sal sy plek aansienlik op beide liggame se rang­lyste verbeter.

Kovács is nie sommer enige man se speelmaat nie, want hy het twaalf van sy laaste 13 gevegte gewen en een keer gelykop geboks. Terwyl Nakathila die Afrika-superveergewigkampioen sedert 9 September 2017 is en sy gordel vier keer suksesvol verdedig het, het die Hongaar ook nie stilgesit nie.

Hy is tans die nommer een superveergewig in Hongarye en ook die Hongaarse kampioen in die gewigsklas. Hy het die WBO Europese titel op 12 November 2016 ingepalm toe hy vreemd genoeg teen Cosmas Cheka van Tanzanië met punte gewen het. Laasgenoemde is 'n man vir wie wie Paulus Moses die vorige maand in Windhoek uitgeslaan het.

Aan die verskil in temperature van Oos-Europa en die hoogte bo see­spieël in Windhoek, steur dié vriendelike kêrel hom min.

“Ons het vanoggend van die vliegtuig afgeklim en gaan netnou middagete nuttig en rus. Môre is dit tyd vir sy mediese ondersoek en later vandeesweek gaan ons inweeg en die aangesig-tot-aangesig uitdaging in die stad aanbied.

“Intussen sal Zoltán hier by die hotel oefen en litte losmaak. Die temperatuur en hoogte bo seespieël is nie belangrik nie. Zoltán is fiks en gereed om sy volgende tree na die WBO se wêreldkroon te gee.

Die vegter, by monde van sy bestuurder as tolk, het gesê: “Ons weet wat Nakathila kan doen. Ons het 'n paar gevegte van hom gesien en ook die enkele keer in Rusland wat hy met punte verloor het. Ek sal sy krag en spoed kan ewenaar en sien dit nie as 'n probleem vir my nie.

“Met alle respek gesê, ek het al teen beter vegters geboks en gewen. Ons wens vir Nakathila en die MTC Sunshine boksakademie net die beste vir Saterdagaand toe.”

Kovács word deur Lajos Nagy (bestuurder), Felix Racz (promotor) en Mark Nagy (krythelper) vergesel.

Die Legacy Part 2-bonanza word Saterdagaand vanaf 18:30 by die Windhoek Buiteklub aangebied. Kaartjies vir gewone sitplekke kos N$200, terwyl mense 'n tafel vir tien vir N$10 000 kan aanskaf.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015