'Caprivi is nie deel van Namibiu00eb nie'
'Caprivi is nie deel van Namibiu00eb nie'

'Caprivi is nie deel van Namibië nie'

Agt mans wat tereg staan op klagte wat spruit uit 'n mislukte poging om die Zambezistreek van Namibië af te stig, betwis dat dié streek ooit deel van Namibië was.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Agt mans wat verhoor word nadat hulle van onder andere hoogverraad aangekla is omdat hulle as lede van die voormalige Caprivi-bevrydingsleër na bewering saamgesweer het om die Namibiese regering in die voormalige Caprivi­streek omver te werp, het 'n spesiale pleit in die hoërhof in Windhoek geopper.
In dié pleit beweer die agt dat die voormalige Caprivistreek nooit deel van die Duitse kolonie van Suidwes-Afrika was nie, en dat dit ook nie deel was van die gebied wat onafhanklike Namibië geword het nie.
Die prokureur me. Ilse Agenbach het die pleit vroeër vandeesmaand by die hof ingedien toe die agt op 10 Julie voor waarnemende regter Petrus Unengu verskyn het. Die saak het Dinsdag weer vir die begin van die aanhoor van getuienis oor die spesiale pleit in aanvang geneem.
Getuienis oor burgerskap
Mnr. Charles Mlambo, die hoofbib­liotekaris van die Nasionale Biblioteek van Namibië, het Dinsdag getuig dat sewe van die agt beskuldigdes se name op 'n geregistreerde kieserslys van distrik 16 in die Oos-Caprivistreek van 1989 verskyn. Dié sewe is mnre. Progress Manuma, Shine Samulandela, Alex Mushakwa, Diamond Salufu, Frederick Ntambilwa, Hoster Ntombo en John Tembwe. Mnr. Manuel Makendano se naam verskyn nie op dié lys nie.
Gister het die staat 'n beampte van die departement van binnelandse sake geroep om oor die burgerskap van die Caprivi-agt te getuig. Hy het aansoekvorms vir identiteitsdokumente sowel as afskrifte van die agtal se Namibiese identiteitsdokumente bevestig.

Basis vir die pleit
Die agt sê ook dat as gevolg van die historiese afbakening van koloniale gebiede in die laat 1800's, die gebied wat tans as die Zambezistreek bekend staan, Britse koloniale besit geword het. Daardie status is glo behou toe die voormalige Duitse protektoraat van Suidwes-Afrika ná die Eerste Wêreld­oorlog 'n mandaatgebied geword het wat deur Suid-Afrika geadministreer is.
Hul argument lui verder dat aangesien die gebied nie deel geword het van Duitswes-Afrika en daarna 'n mandaatgebied van Suid-Afrika nie, dit ook nie deel was van die gebied van die nuwe staat wat tot stand gekom het met Namibië se onafhanklikheidswording op 21 Maart 1990 nie.
Hulle sê verder die eindresultaat van daardie posisie is dat hulle nie aangekla en vervolg mag word deur Namibië se aanklaer-generaal en in 'n Namibiese hof verhoor mag word oor misdade wat na bewering in 'n area gepleeg is wat nie deel van Namibië is nie.
Geskiedenis van die saak
Die agt beskuldigdes staan tereg op ses klagte, insluitende die hoofklag van hoogverraad in verband met die Caprivi-bevrydingsleër se same­swering om die Namibiese regering tussen September 1998 en Desember 2003 omver te werp.
Hulle is tussen 2005 en 2007 in die hoërhof in Windhoek verhoor, skuldig bevind en tot gevangenisstraf van tussen 30 en 32 jaar elk gevonnis.
Ná hul vonnisoplegging het hulle na die hooggeregshof geappelleer. Dié hof het hul appèl in Julie 2013 gehandhaaf en die saak na die hoërhof gestuur vir herverhoor nadat bevind is dat die regter wat die eerste verhoor waargeneem het, homself van die verhoor moes verskoon het nadat hy 'n jurisdiksie-uitdaging wat die be­skuldigdes geopper het, van die hand gewys het.
Dieselfde twispunt oor jurisdiksie, gebaseer op bewerings dat die beskuldigdes uit Botswana ontvoer is om in Namibië hegtenis geneem, aangekla en vervolg te word, is in Junie 2014 geopper. Regter Unengu het hierdie bevraagtekening van die hof se jurisdiksie in November 2014 afgewys waarna 'n volgende appèl na die hooggeregshof gevolg het.
Dit is in Augustus verlede jaar van die hand gewys, terwyl die appèl van een van die medebeskuldigdes geslaag het.
Die basis van die spesiale pleit is uiteengesit in 'n verklaring onderteken deur een van die agt beskuldigdes, mnr. Progress Kenyoka Munuma.
Prekoloniale geskiedenis
In sy verklaring gaan Munuma terug na die prekoloniale geskiedenis van die gebied tussen die Zambezi-, Chobe- en Kwandorivier, die laat agtiende-eeuse Europese kolonisasie van Suider-Afrika en ook die geskiedenis van die gebied gedurende die twintigste eeu om die argument te bevorder dat die huidige Zambezistreek nie wettiglik deel van Namibië is nie.
Daar word ook aangevoer dat die Europese koloniale magte wat Namibië se grense in 1884 en 1885 in Berlyn bepaal het, die Okavangorivier in die Noorde as grens vasgestel het en sodoende die voormalige Caprivistreek as deel van die Britse koloniale gebied uitgelaat het.
Munuma sê omdat Namibiese howe geen jurisdiksie oor die Zambezistreek het nie, kan hy en sy medebeskuldigdes nie in hierdie land verhoor word nie en gevolglik behoort hulle vrygestel te word.
Die verhoor duur vandag voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054