Cape Epic: Die wagwoord is spanwerk
Uit die 650 spanne volgende week is daar agt wat Namibiese inskrywings bevat.
Andrew Poolman - Dertien Namibiese ryers, verdeel in agt spanne, spring komende Sondag by die Universiteit van Kaapstad weg vir die Absa Cape Epic bergfietstoer wat oor agt uitmergelende skofte strek.
Die Cape Epic, in sy 17de jaar, beloof om so straf soos altyd te wees vir die 650 deelnemende spanne van twee.
Aan die voorpunt sal die internasionale legendes van die sport soos die Switserse paar Nino Schurter en Lars Forster, Jaroslav Kulhavy (Tsjeggië) en sy Amerikaanse spanmaat Howard Grotts en talle ander Duitsers, Spanjaarde en Suid-Afrikaners die pap dik aanmaak.
Die 1300 ryers strek egter oor 'n verskeidenheid vermoëns en ouderdomme. Met 'n spanmaat om in ag te neem, is nie elkeen se doelwit om so hard as moontlik te jaag nie.
Vanjaar se afstand van 647 kilometer is effens korter as tevore, maar die totale klimhoogte (15 550 meter) bly ongeveer dieselfde.
“Dit beteken die daaglikse gradiënt is vanjaar eintlik steiler, met gemiddeld 1940 meter se klimwerk per dag. Ons Namibiërs het geen sulke hoë berge om teen te oefen as wat jy op die roete teëkom nie,” vertel Frank Snyman van Windhoek, wat sy terugkeer tot die gesogte skofresies maak met Ian Grassow as sy nuwe spanmaat.
Nadat hy in 2018 'n hartkwaal moes oorkom, het Snyman die afgelope elf maande 'n gespesialiseerde oefenprogram gevolg wat juis op die Cape Epic gerig was. Weekliks het hy tussen tien en 16 ure op die fiets deurgebring.
“Die Cape Epic is geestelik 'n ewe groot toets as fisiek. Die hoofsaak is om klaar te maak. Die eerste drie dae se skofte is gewoonlik baie erg en dit is 'n uitdaging om jouself nie te hard te druk nie, want heelwat ryers word dan uitgeskakel. Jy kan sê die werklike resies begin op dag vier.
“Die welstand van jou spanmaat is meer as vyftig persent van jou kanse om klaar te maak. Jy ry met die dag van môre in gedagte. Jy leer om jou kragte veral oor die eerste dae te spaar ... as jy voel jy ry nou 'n lekker pas, is dit eintlik juis dan raadsaam om 'n klein bietjie stadiger te ry.”
Die Namibiese (of half Namibiese) spanne vir die komende week:
TEAM HOLLARD LIFE NAMIBIA
(eerste keer saam)
117-1 Jaco Lamprecht (Namibië)
Ouderdom: 45 jaar
Epics voltooi: twee (2016 en 2019).
Uitvoerende hoofbeampte van Hollard Namibia. “Ek ry die Epic met die doelwit om dit in 'n gesonder toestand klaar te maak as die vorige keer!”
Prestasies: 2016 Cape Epic, 136ste manskategorie, 281ste algeheel (45 ure 16 minute). 2019 Cape Epic, 94ste meestersklas, 300ste algeheel (41 ure 59 minute).
117-2 André Vermeulen (Namibië)
Ouderdom: 34 jaar
Epics voltooi: geen. Het 2017 gery (mansafdeling) en nie klaargemaak nie.
TEAM HOLLARD NAMIBIA
(eerste keer saam)
421-1 Gerhard Mans Junior (Namibië)
Ouderdom: 32 jaar
Epics voltooi: drie (2015, 2016, 2018).
“Ek ry die Epic omdat dit vir my die hoogtepunt op die kalender van bergfietsry is.”
Prestasies: 2015 Cape Epic: 80ste mans, 140ste algeheel (43 ure 50 minute). 2016 Cape Epic: 64ste mans, 103de algeheel (37 ure 19 minute). 2018 Cape Epic: 159ste mans, 316de algeheel (39 ure 57 minute). 2019 Wines to Whales Shiraz, 1ste subveteraanmans.
421-2 Christo Swartz (Namibië)
Ouderdom: 32 jaar
Epics voltooi: geen (debuut 2020).
TEAM AMISTAD NAMIBIA
(eerste keer saam)
221-1 Frank Snyman (Namibië)
Epics voltooi: een (2015)
Ouderdom: 55 jaar
Eienaar van private besigheid. “Ek was gemotiveerd om terug te keer na bergfietsry nadat ek in 2018 met 'n hartprobleem gediagnoseer en behandel is.”
Prestasies: Namibiese meesterskampioen (2015 en 2016, marathon en veldresies); Cape Epic 2015 voltooi 168ste (mans) en 324ste algeheel (51 ure 12 minute); Trans Andes Challenge 2012; Cape Pioneer Trek 2019.
221-2 Ian Grassow (Namibië)
Ouderdom: 46 jaar
Epics voltooi: een (2006, 122ste manskategorie, 206de algeheel, 56 ure 34 minute).
Prestasies: Desert Dash solo (6x); Wine to Whales (2x); Cape Pioneer Trek (2012 en 2019), Tankwa Trek (2017), Bo Piketberg (2016).
TEAM SANDER STRUCK
Die broerpaar van Swakopmund ry die eerste keer saam.
333-1 Stefan Sander (Namibië)
Ouderdom: 32 jaar
Epics voltooi: een (2016, 89ste manskategorie, 53ste algeheel, 39 ure 44 minute).
Prestasies: Desert Dash (voltooi drie keer in tweemanspan); Wines 2 Whales, Trans Baviaans.
333-2 Jürgen Sander (Namibië)
Ouderdom: 34 jaar
Epics voltooi: geen (debuut).
Prestasies: Eerste Namibiër (vyfde algeheel) in die 2019 Nedbank Desert Dash.
TEAM KAMAKAZI
Leonard en Klaus ry die tweede keer saam. Hulle het die 2016 Absa Cape Epic in die meestersklas in die 156ste plek (algeheel 439ste) voltooi in 52 ure 31 minute.
448-1 Leonard Martin (Namibië)
Ouderdom: 50 jaar
Epics voltooi: drie.
Prestasies: Desert Dash (3x solo voltooi); Munga (3x voltooi); 2013 Cape Epic, individuele voltooier; 2016 Cape Epic 156ste meestersklas, 439ste algeheel, 52 ure 31 minute; 2018 Cape Epic 165ste meestersklas, 497ste algeheel, 46 ure 24 minute.
448-2 Klaus Frielingsdorf (Namibië)
Ouderdom: 53 jaar
Epics voltooi: een (2016, 156ste meestersklas, 439ste algeheel, 52 ure 31 minute).
TEAM HOLIDAY INN CAPE TOWN
Gabriel en Willem ry vir die tweede keer saam. In 2018 het hulle in 46 ure 52 minute klaargemaak (172ste meesters, 510de algeheel).
420-1 Gabriel Jordaan (RSA)
Ouderdom: 48 jaar
Epics voltooi: een (2018 meestersklas 172ste, algeheel 510de).
Prokureur. “Ek ry die Epic omdat dit op my lys voor emmer skop is.”
Prestasies: Wines to Whales; To Hell and Back; Karoo to Coast; Argus.
420-2 Willem Serfontein (Namibië)
Ouderdom: 47 jaar
Bynaam: Riempies. Beroep: Boer.
Epics voltooi: een (2018, meestersklas 172ste) nadat hy in 2017 nie klaargemaak het nie.
TEAM STOKKIES EN WILLEM
(eerste keer saam)
455-1 André Rossouw (RSA)
Ouderdom: 60 jaar
Epics voltooi: geen (debuut).
455-2 Willem Kotze (Namibië)
Ouderdom: 34 jaar
Epics voltooi: geen.
TEAM AGTEROSSE
(eerste keer saam)
700-1 Jacques du Toit (RSA)
Ouderdom: 48 jaar
Epics voltooi: geen (debuut).
Bynaam: Vaatjie. Ortopediese chirurg. “Ry die Epic om myself in die uiterste toets van sielkundige uithouvermoë uit te daag en gehalte tyd met my beste vriend en ryvennoot Karl Frielingsdorf deur te bring.”
Prestasies: Sani2C (2018) en Desert Dash (2019).
700-2 Karl Frielingsdorf (Namibië)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie