Caligula was u2019n skandaalfabiek op twee bene
Caligula was u2019n skandaalfabiek op twee bene

Caligula was ’n skandaalfabiek op twee bene

Andrew Poolman
In sy kort leeftyd totdat hy op 30 in ’n sluipmoord gesterf het, was Caligula die keiser van die Romeinse ryk vir die vier jare 0037 tot 0041 ná Christus.

As lid van die keiserlike familie is Caligula met die goudlepel in die mond gebore.

Sy pa was ’n gewilde Romeinse generaal, Germanikus, en sy ma, Agrippa die Oudste, was die kleindogter van keiser Augustus (aan bewind 27 BC tot 14 AD).

Hoewel Caligula sover bekend nooit in toesprake na geskiedskrywers (kug, die hedendaagse media) as “vyande van die volk” verwys het nie, het vele bronne oor sy bewindsera deur die jare verlore geraak.

Vir die eerste ses maande van sy keiserskap is Caligula as ’n eerbare en gematigde staatshoof beskryf. Hy het die mandaat van die senaat erken en hy was alom geliefd en bewonder.

Van sy eerste skuiwe was vrygewig, dog polities gedrewe om steun te werf – soos deur bonusse aan die weermag en koninklike wag toe te staan.

Toe word hy skielik ernstig siek, moontlik weens vergiftiging.

Dié episode was ’n keerpunt, met die res van sy termyn wat deur sy dodelike wreedheid, sadisme, windmakerige uitspattigheid en stroomop seksuele gedrag gekenmerk is. Hy het in ’n waansinnige tiran ontaard.

Hoewel sommige bronne twyfelagtig kan wees (dalk fopnuus?), is dit bekend dat Caligula hom tydens sy kortstondige bewind beywer het om die persoonlike magte van die keiser onbeperk uit te brei.

Hy het baie aandag aan ambisieuse bouprojekte en luukse wonings vir homself bestee, asook twee uitspattige skepe wat basies ’n drywende paleis met marmervloere was.

Onder sy bewind is die ganse Mauritanië as ’n provinsie by sy koninkryk ingelyf (Groenland was nie te koop nie).

Met toenemend duiwelse neigings het die jong keiser diegene naby aan hom begin uitwis of verban, wat die teregstellings van ’n neef, een van sy skoonpa’s en ’n swaer insluit.

Sy oom Claudius (sy latere opvolger as keiser) het net gespaar gebly sodat hy as ’n bespotting kon dien (dit was lááánk voor Twitter).

Hoewel Caligula ryk geërf het deur met oorlede keiser Tiberius se testament te peuter, het Nero (sy jong neef wat later van 54-68 AD ’n ewe omstrede keiser sou word) glo beide bewondering en jaloesie gehad vir die wyse waarop hy dié fortuin binne een jaar verkwis het.

Só het hy selfs tot die finansiële krisis van 39 AD bygedra.

Vanaf 40 AD het Caligula omstrede beleide begin instel wat godsdiens met sy politieke rol begin vermeng het. Hy het in die openbaar verskyn geklee as verskeie gode en demigode soos Hercules, Mercurius, Venus en Apollo. Luidens berigte het hy in dokumente en in vergaderings met politikusse na homself as die god Jupiter begin verwys.

Caligula het die koppe van standbeelde van verskeie gode laat verwyder en met sy eie laat vervang. Die politieke establishment was geskok dat ’n lewende keiser as goddelik aanbid kon word – iets wat Caligula onbeskaamd van die Romeinse bevolking en senatore verwag het.

Onluste het in Alexandrië tussen die Jode en die Grieke uitgebreek, waartydens die Jode uit woede ’n klei-altaar verwoes het. Caligula se reaksie was om ’n standbeeld van homself in die Joodse tempel in Jerusalem te laat oprig, wat die Jode in hul geloof van ’n enkele God ernstig ontstel het.

Maar hieroor was die keiser min gepla.

Geskiedskrywers en tydgenote beskryf Caligula as selfbehep, humeurig, iemand wat in ’n oogwink moord kon pleeg en hom uitermatig aan seks en spandabelrigheid oorgegee het.

Die keiser het vier vroue gehad, maar word beskuldig daarvan dat hy met ander mans se vroue geslaap en daaroor gespog het. Ander bronne skryf dat Caligula bloedskande met drie van sy susters gepleeg het en hulle ook as prostitute aan ander mans oorgegee het.

Hy het soms vir plesier moord gepleeg, soos die keer toe hy in die Kolosseum sy wagte beveel het om ’n deel van die skare vir die arena se roofdiere te gooi, omdat daar nie gevangenes was nie en omdat hy verveeld was.

Een van sy opspraakwekkende skandale was sy voornemens om sy geliefde perd, Incitatus, tot die hoogste verkose politieke amp as ’n konsul te verhef en as ’n priester aan te stel.

• Met erkenning en na aanleiding van die komediant en radiopersoonlikheid John Fugelsang se skepping van die pseudoniem Caligula Kardashian.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%