Bush: ‘’n Oorlogsheld en staatsman’
’n Emosionele Bush jr. het volgens The Telegraph ’n roerende huldeblyk aan sy pa gebring.
Die ontslape oudpres. George H.W. Bush van Amerika is Woensdag by sy staatsbegrafnis by die nasionale katedraal in Washington as ’n oorlogsheld en vernuftige staatsman onthou.
Reuters berig die begrafnis van die 94-jarige Bush, Amerika se 41ste president, is deur pres. Donald Trump, voormalige presidente Barack Obama en Bill Clinton en Bush se seun, George W. Bush bygewoon.
Bush sr. is op 30 November in Texas oorlede.
’n Emosionele Bush jr. het volgens The Telegraph ’n roerende huldeblyk aan sy pa gebring.
Bush het gesê sy pa het die gewoonte gehad om na televisieherhalings van polisiedramas te kyk met die klank op sy hardste en dat hy sy boot so vinnig gery het dat die geheime diens nie kon byhou nie.
Bush het ook vodka in die hospitaal gedrink wat sy vriende vir hom ingesmokkel het.
“My pa het altyd na die beste in mense gesoek en hy het dit gewoonlik gekry. Vir ons was hy die skerpste van ’n duisend ligpunte,” het Bush gesê.
“In oorwinning het hy die krediet gedeel en wanneer hy verloor het, het hy die blaam gedra. Hy het mislukkings as deel gesien van hoe om ’n vol lewe te lei en het ons geleer om nooit onsself deur mislukkings te laat definieer nie,” het Bush gesê.
VOORMALIGE PRESIDENTE
Jon Meacham, ’n historikus en presidensiële biograaf, het die ontslape politikus as “die laaste groot soldaat en staatsman” beskryf.
In sy huldeblyk het Meacham Bush se lewensfilosofie kortliks opgesom as “om altyd die waarheid te praat, nie ander te blameer nie, sterk te wees, jou beste te doen, hard te probeer, te vergewe en op die regte pad te bly”.
Met Bush se dood het die getal voormalige Amerikaanse presidente wat nog lewe verminder na vier: Jimmy Carter, Bill Clinton, George W. Bush en Barack Obama.
Alan Simpson, voormalige senator en jare lange vriend, het volgens The Washington Post Bush onthou as iemand wat nooit ’n grap kon onthou nie en in die donkerste tye by iemand kon staan omdat dit vir hom “oor vriendskap en lojaliteit” gegaan het.
Bush se kis, gedrapeer met die Amerikaanse vlag, het vroeër die dag by die nasionale katedraal aangekom ten aanskoue van familielede en leiers terwyl klokke in die verte gelui het.
Bush se oorskot sal van hier af per vliegtuig na Houston geneem word, waarna hy by sy presidensiële biblioteek in die stad ter ruste gelê sal word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie