Burgerlike gemeenskap wil weet oor duur regspan
Burgerlike gemeenskap wil weet oor duur regspan

Burgerlike gemeenskap wil weet oor duur regspan

Antwoorde gesoek oor presies hoeveel die regering aan buitelandse regslui betaal het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Terwyl die saak van Nama- en Ovaherero-leiers betrokke by die reuse-eis teen Duitsland môre in die VSA hervat, dring burgerlike organisasies in Namibië aan op antwoorde oor hoeveel geld die regering vir sy buitelandse regspan betaal het.

Adv. Vekuii Rukoro, Herero-opperhoof, hoofman David Frederick, voorsitter van die Vereniging vir Tradisionele Nama-owerhede, en die Vereniging vir die Ovaherero-volksmoord eis skadevergoeding van Duitsland in die federale hof in New York.

Hulle het die federale hof ook versoek dat hulle as verteenwoordigers in die onderhandelinge tussen Duitsland en Namibië ingesluit word.

Intussen dring die Action Namibia Coalition daarop aan dat die regering oop kaarte speel oor die miljoene Namibiese dollar wat aan buitelandse regskenners betaal is vir advies oor die eis teen Duitsland vir skadevergoeding.

In 'n verklaring vra dié koalisie die kantoor van die prokureur-generaal om die fooie wat deur die Britse prokureurs gevra is, volledig te verklaar.

Die koalisie wil ook weet watter dienste hulle daarvoor gelewer het en hoekom dit nodig was om regs­adviseurs uit spesifiek Engeland aan te stel.

“Die mense van Namibië het die reg om te weet,” lui die verklaring.

Die koalisie bestaan uit verskeie burgerlike organisasies wat daarna streef om toegang tot inligting in Namibië te versterk deur toepaslike wetgewing en regeringsbeleide daarvoor te ondersteun.

Hulle glo toegang tot inligting is 'n mensereg wat noodsaaklik is vir grondwetlike demokrasie.

“Toegang tot inligting laat ons toe om goeie besluite in die toekoms te neem, en gee ons die geleentheid om die regering in sy keuses te ondersteun of om alternatiewe aksies, wat voordelig mag wees, voor te stel,” voer die koalisie aan.

Die verwarring oor hoeveel betaal is en hoeveel ure die regskenners gewerk het, veroorsaak wantroue, sê die koalisie.

“Volledige openbaarmaking van die werklike bedrag wat betaal is en die regverdiging vir sulke fooie sal al die spekulasie en vermoede van onbehoorlike gedrag in die kiem smoor. Ongelukkig het die gebrek aan inligting die persepsie van misdade aangemoedig,” sê hulle.

Die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, het in September gesê altesaam N$32 274 572,80 is deur sy kantoor aan die regs­geleerdes uitbetaal. Hulle is senior advokaat Dexter Dias en advokate Cameron Miles, Richard Reynolds en Paul Clark van die Garden Court-advokatekamers in Londen, asook adv. Anna Uukelo, 'n ­Namibiër wat in Londen praktiseer, en die Windhoekse advokaat, dr. Sackey Akweenda.

Shanghala het op vrae van mnr. Usutuaije Maamberua, Swanu-lid, in die NV geantwoord toe hy sê hy het die regsmenings aangevra en hy is tevrede met die gehalte van die werk wat hulle gedoen het. Hy was egter nie bereid om regstrategieë te bespreek nie, omdat onderhandelinge met Duitsland voortduur.

Die leiers van die Nama- en Ovaherero-groepe is van plan om gedurende die reis na die VSA die Amerikaanse Museum vir Natuurgeskiedenis in New York te besoek.

Volgens hul Amerikaanse regsverteenwoordiger, mnr. Kenneth McCallion, is die museum in besit van die oorskot van agt mense afkomstig uit Namibië.

McCallion sê die oorskot is oorspronklik deur die Duitse antropoloog en etnoloog, prof. Felix von Luschan, versamel en toon die nagevolge van die volksmoord selfs in die VSA waar baie van die oorlewendes se nasate gevestig is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026