Burgemeester trek laer in Babylon
Burgemeester trek laer in Babylon

Burgemeester trek laer in Babylon

Augetto Graig
Augetto Graig - Die hoofstad se nuwe burgemeester, me. Fransina Kahungu, het haar kantoor in die Babylon-nedersetting by die Nathanael Maxuilili-gemeenskapsaal in Tauno Hatuikulipistraat gister (21 Januarie 2020) amptelik betrek.

Kahungu het haar kantoor na die hartjie van een van Windhoek se armste buurte verskuif om die tema van haar vyfjaartermyn beter te kan uitleef, sê sy.

Die tema is “Doelbewuste, maar versigtige aksie vir gebalanseerde dienslewering aan Windhoek se inwoners”.

Sy sê sy sal vir die duur van haar hele termyn in die nedersetting gebaseer wees.

Volgens Kahungu is dié verwikkeling nie daarop gemik op stemme vir die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar te werf nie.

“Ek sien myself as ’n kind van God. Hierdie posisie is nie deur my eie toedoen nie. Ek glo die Here wil my gebruik om sy vrede te deel. Om die kantoor hiernatoe te bring, het niks met stemme te doen nie. Dit gaan daaroor om dienslewering nader aan inwoners te bring,” sê sy.

Kahungu sê al haar amptelike afsprake sal van nou af by haar nuwe kantoor plaasvind.

Die adjunkburgemeester, mnr. Ian Subasubani, se kantoor is by die munisipale hoofkantoor in die middestad geleë.

Daardeur wil die burgemeester balans behou in terme van toegang tot die hoofstad se besluitnemende beamptes, sê sy.

Kahungu sê dit is nodig dat stadsraadslede in Windhoek sigbaarder is.

Volgens haar neem die hoofstad se raadslede sedert 2 Januarie vanjaar reeds aan verskeie openbare geleenthede deel.

“Gister het ek my mederaadslede aangesê om sigbaarder wees. Elkeen is ’n lid of leier van ’n raadgewende komitee van die stadsraad. Ek het hulle aangemoedig om uit te gaan en kwessies relevant tot hierdie komitees te vind. Ek wil hul name in die koerante sien en hul gesigte op televisie. Hulle is vry om te doen wat hulle goeddink, maar ek vra net vir koördinering om te verseker hulle praat feite en maak nie beloftes wat nie nagekom kan word nie,” sê sy.

Haar eie planne vir die stad sal as deel van haar aksieplan eers teen die einde van die maand bekend gemaak word.

Intussen het Kahungu sleuteldoelwitte uitgelig. Eerstens wil sy op grondtoekenning fokus – veral op die vooraf toekenning van erwe.

“Wat is daarmee fout as ons grond vooraf aan mense toeken, waarvoor hulle later kan betaal? Ons sal ’n databasis opstel en erkenningsbriewe uitreik aan mense wat reeds vir ’n sekere tydperk op ’n stuk grond bly,” sê sy.

Sy sê die aanneem van ’n nuwe ontwikkelings- en verblyfstrategie deur die dorpsraad in 2019 en die buigsame grondonteieningsbeleid vergemaklik die proses.

“Ons moet dit wetlik doen,” sê sy.

Kahungu wil onder meer voorkeur aan waterverskaffing verleen, en kommunale en individuele krane waar moontlik laat installeer.

Die beeld van die hoofstad sal ook voorkeur geniet, asook gemeenskapsdeelname.

Laastens beplan sy om die Windhoek-munisipaliteit se menslike hulpbron-beleid te hersien om doeltreffendheid te bevorder.

Gemeenskapslede wat die geleentheid bygewoon het, het kwessies soos stukkende toilette en die voortsetting van die sopkombuis en kerkdienste by die gemeenskapsaal opgehaal.

Die burgemeester sê haar kantoor se teenwoordigheid sal nie ander aktiwiteite by die saal ontwrig nie.

Inwoners het haar in die nedersetting verwelkom en gevra sy moet op kragtoevoer aan Babylon en Kilimanjaro fokus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!