Buitelandse hoender knel SME’s

Konsultasie oor bedryf volgende maand

15 August 2019 | Plaaslik
Elvira Hattingh - Plaaslike klein- en mediumondernemings (SME’s) het soveel skade gely weens beweerde onwettige insmokkelary, asook die storting van buitelandse hoenderprodukte, dat hulle in Junie net 38 966 kuikens van Day Old Chickens Namibia gekoop het.

Dit nadat die bykans 200 plaaslike SME’s gemiddeld 60 000 kuikens per maand gekoop het vir slagdoeleindes groot te maak.

Die rede vir die afname is glo ‘n oormaat hoenderprodukte wat veroorsaak dat SME’s nie hul hoender verkoop kry nie.

Mnr. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Mills, sê die situasie het skynbaar intussen verbeter nadat owerhede meer aktief betrokke geraak het in die bekamping hiervan, maar dat die bedryf steeds onder die gevolge steier.

Volgens die Namibië Statistieksagentskap (NSA) het 16 993 ton hoender in 2018 die Namibiese mark vanuit die buiteland betree. Van Niekerk sê dit het Namib Poultry Industries (NPI) self in so ‘n mate geraak dat hulle van hul hoender teen verliese moes verkoop.

Hy sê die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling het ‘n openbare konsultasiesessie vir 13 September hieroor gereël en dat rolspelers besig is om voor te berei.

“Die ministerie probeer regtig na al die partye luister, maar ‘n besluit gaan in die volgende paar weke oor die plaaslike hoenderbedryf gemaak moet word,” het hy gesê.

“Met die nodige beskerming kan die bedryf baie vergroot en die aantal werksgeleenthede wat die SME’s skep, is selfs meer as kommersiële boerderye,” het Van Niekerk gesê.

Volgens hom bied die SME’s tans 527 werksgeleenthede, maar indien invoere deur SME’s se produksie vervang kan word, kan dit werk aan 10 504 Namibiërs verskaf.

SME’S SE DILEMMA

Van Niekerk sê SME’s kla hulle is genoodsaak om hul boerderye kleiner te maak en koop tans baie minder kuikens by hulle.

“Hulle sê die rede is dat hoenderinvoere of gestorte hoender hul besighede seermaak.”

Mnr. Victor Makahamadze, eienaar van FarmerVic Enterprize CC op Otjiwarongo, sê hy koop sowat 500 kuikens op ‘n slag om groot te maak en teen ses weke aan die gemeenskap te verkoop, maar dat sy grootste uitdaging kompetisie is.

“Mense hou daarvan om jou pryse met winkelhandelaars se pryse te vergelyk, waar ingevoerde hoender dikwels teen goedkoper pryse op die rakke beland.

“Die huidige situasie is ‘n bietjie onregverdig, want ons kan nie werklik met groter spelers soos invoerders meeding nie,” het hy gesê.

Hy sê boonop het hoenderkos tydens die droogte baie duur geraak, wat plaaslike SME’s weer eens benadeel. Hy sê voorheen was dit makliker om hoender teen beter pryse te verkoop.

Me. Rauna Zadok, ‘n SME-eienaar wat haar hoenderprodukte aan die gemeenskappe op Ondangwa verkoop, sê sy sukkel die laaste tyd baie om ‘n afsetpunt vir haar produkte te kry omdat kopers sê hulle kan dieselfde produkte vir goedkoper by winkels of vanaf Angola kry.

Sy sê dit noodsaak haar om haar pryse soveel te laat sak dat sy skaars ‘n wins maak. Zadok sê sy koop sowat honderd kuikens elke vier tot vyf maande.

Nog ‘n SME-eienaar, mnr. Joseph Sangari, wat sy hoenders aan die Otjiwarongo-gemeenskap verkoop, sê dat die klein mark sy besigheid inperk, alhoewel hy dit graag sou wou vergroot. Hy koop tussen 200 en 500 kuikens elke paar maande en gee werk aan nog een persoon.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

1 uur gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

1 uur gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

14 ure gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

14 ure gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

14 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

14 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

14 ure gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

14 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...