Buiteklub kry inspuiting ná DZ-toernooi
Gholf
Dan Zwiebel, eienaar en stigter van DZ Golf, het ’n tjek vir N$50 000 aan die Windhoek Gholf- en Buiteklub oorhandig as opbrengs van die DZ Golf Invitational toernooi wat vroeër vandeesmaand by dié baan beslis is.
Die geskiedkundige eerste toernooi het gedien as ’n bekendstelling van Zwiebel se nuwe maatskappy wat gholfverwante geleenthede organiseer.
Die genooide Suid-Afrikaanse persoonlikhede wat as eregaste in die DZ Golf Invitational gespeel het, was die uitgetrede toetskrieketspelers Jacques Kallis, Mark Boucher en Paul Harris, Neil Schietekat (beroepsgholfspeler op die Sonskyntoer), SuperSport-aanbieder Richard Maspero en regisseur Louis Hattingh, akteur Neels van Jaarsveld en sportjoernalis Wade Pretorius. Verskeie korporatiewe maatskappye het saamgespan om die eregaste se koms moontlik te maak.
DZ Golf sal met die bestuur van die Buiteklub-gholfklub saamwerk om die opbrengs van N$50 000 maksimaal vir die verbetering van die klub aan te wend.
Die gholfklub se bestuur en gholfkomitee het Zwiebel en DZ Golf bedank vir die die uitstekende gebaar en sien uit daarna om by toekomstige gebeure hul vennootskap verder uit te bou.
Zwiebel se omvattende ondervinding in gholf en die reëling van geleenthede het met die Suid-Afrikaanse Sonskyn PGA-toer in 2007 begin, waar hy later van toernooikoördineerder tot toernooidirekteur gevorder het.
Ná sy koms na Namibië het hy vir vier jaar as hoofbestuurder van Omeya-gholfklub diens gedoen. In Junie vanjaar het hy egter die sakewêreld betree met sy nuwe private inisiatief, DZ Golf, wat vyfster-amateurgholfgeleenthede en meer aanbied.
“DZ Golf fokus ook op die heraktivering van korporatiewe bande op die gholfhorison en wil die verweerde ou prentjie oorteken dat gholf ’n sport vir ryk ou mans is. Ons mik om in die toekoms gholf opnuut bekend te stel op ’n nasionale vlak deur korporatiewe bande en landwye amateurgeleenthede,” sê Zwiebel.
• Môre word bykans 100 spelers op die baan van die Buiteklub verwag met verskeie kompetisies gelyktydig, insluitend die 2019 Windhoek Junior Ope, die Sages se nasionale kampioenskap en die NamibRe Betterball Stableford with a Twist.
TSUMEB
Gabriel Shikodi van die Windhoek Buiteklub het Saterdag as wenner na vore getree by die Bank Windhoek Noorde Ope.
Rondes van 76 en 72 by die Tsumeb-gholfbaan was genoeg vir Shikodi om die algehele titel te beklink, in die toernooi wat punte op die merietelys van die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) tel.
Grant Mather van Walvisbaai was die bruto naaswenner, terwyl die beste netto telling deur Thomas Shitaleni (Rössmund) voor Christoph Okamaru van Grootfontein weggeraap is.
’n Stewige veld van 61 spelers het meegeding op ’n baan wat in ’n baie goeie toestand was, maar nogtans moeilik gespeel het. Goeie spelers op hul tuisbaan soos Pieter Harmse het op die eerste dag met 91 houe gesukkel, maar was op die tweede dag veel beter (76).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie