Britse Hamleys kry nuwe baas

13 May 2019 | Sakenuus
Elvira Wood En Bloomberg – Die Britse speelgoedwinkelgroep Hamleys se nuwe baas is ’n Indiese sakemagnaat.

Bloomberg berig Reliance Brands het dié groep vir bykans £68 miljoen by C. banner International Holdings gekoop.

Reliance se grootste aandeelhouer is Mukesh Ambani, die rykste man in Asië.

Volgens die maatskappy sal dit hom een van die groot mededingers in die bedryf maak. Die transaksie voeg 167 winkels in 18 lande by Reliance se portefeulje wat betref speelgoedwinkels.

Hy besit die franchise vir dié groep in Indië en bedryf 88 winkels daar.

Hamleys Suid-Afrika

In Suid-Afrika is Ensolor, die maatskappy wat die plaaslike franchise vir Hamleys besit, in sakeredding.

Stefan Steyn, sakeredder van Business Rescue Practitioners, wat aangestel is om die sakeredding te behartig, sê hoewel die groep se skuld sowat R144 miljoen beloop, het hy vertroue dat die groep gered kan word.

Hy het voorheen gesê die plaaslike groep is van die begin af swak bestuur wat ’n groot bydrae gelewer het hoekom hy in sakeredding geplaas moes word.

Hy beskuldig ook vir Philip Paphitis, uitvoerende hoof van Ensolor, wat die franchiseregte vir Hamleys gekoop het, daarvan dat hy R20,3 miljoen aan die einde van 2018 by die groep gesteel het.

Paphitis het dié bewerings heftig in ’n e-pos aan Netwerk24 ontken.

Steyn het bevestig hulle het reeds ’n aanbod om die plaaslike franchise te koop aan krediteure voorgelê.

“Die oorspronklike aanbod is van die hand gewys. Ons het egter ander planne wat ons hopelik binnekort bekend kan maak,” sê hy. – Netwerk24

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

8 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

8 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

8 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

8 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

8 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

8 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

8 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....