Brilbende oorval senior burger
Pas op vir drie mans met donkerbrille! Dié waarskuwing is deur ‘n senior burger van Swakopmund uitgereik nadat hy in helder daglig op dié vakansiedorp ’n slagoffer van die bende was. Hy is eers in hul motor gestop, waarna hy sy beursie moes omkeer. Sy laaste kontant, N$70, is toe daarmee heen. Hierna is hy deur die aanvallers in hul motor gyselaar gehou en gedwing om hulle na ‘n kitsbank in die middedorp te vergesel waar hy sy laaste N$1 000 moes trek en aan hulle oorhandig. Uiteindelik het die aanvallers hom afgelaai en moes hy ondanks sy jare drie blokke ver terugstap na sy geparkeerde motor waar hy aanvanklik oorval is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie