Brics-bank wil US$2,5 miljard uitleen
Die Nuwe Ontwikkelingsbank (NOB), oftewel die Brics-bank, gaan US$2,5 miljard in 2017 uitleen nadat hy vanjaar sy eerste lenings aan omgewingsvriendelike projekte toegestaan het.
Kundapur Kamath, die president van dié bank, sê: “In die tweede jaar is die fokus op mense en om die regte vaardighede vir die bank te bekom.”
Kamath is die eerste hoof van die bank wat in 2015 geskep is nadat die lidlande van Brics – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – die skep van die bank in Julie 2014 goedgekeur het.
Die bank, wat in Sjanghai gesetel is, se aanvanklike gemagtigde kapitaal was $100 miljoen.
Kamath het met die media gepraat tydens ’n naweek-Brics-beraad wat deur Narendra Modi, die Indiese eerste minister in Goa, Indië, aangebied is.
Met Rusland, Brasilië en Suid-Afrika se ekonomieë wat onder druk is en China s’n wat verlangsaam het, het die aanvanklike euforie van die groep vervaag, tog glo Kamath die Brics-lande kan baie daaruit baat om hul samewerking te verbeter.
“Die feit is dat hierdie lande die laaste paar jaar gesamentlik bygedra het tot meer as 50% inkrementele ekonomiese welvaart wat wêreldwyd gegenereer is,” sê hy.
“Ek kan nie sien dat dit gaan verander nie.”
Die bank gaan sy personeel oor die volgende drie jaar tot 300 vergroot.
Die bank het reeds lenings wat saam $900 miljoen beloop aan omgewingsvriendelike projekte in elke lidland goedgekeur.
Dit het ook ’n renminbi-gedenomineerde leningsprogram geskep en het ’n joean-effek van drie miljard uitgereik.
Kamath sê daar is heelwat ruimte vir nuwe leners soos die NOB en die Chinese Asiese Infrastruktuurbeleggingsbank, saam met bestaande instellings soos die Wêreldbank.
“Wêreldwyd is daar ’n behoefte vir $1 triljoen tot $1,5 triljoen om infrastruktuur te ontwikkel. Al die banke saam kan miskien 15% hiervan voorsien,” sê Kamath.
“Ek sou sê banke moet eerder saamwerk as meeding. Ek sien nie mededinging as ’n uitdaging in dié konteks nie.” Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie