Brexit, Trump help goud hoër
’n Swakker dollar en kommer oor hoe Brittanje die Europese Unie gaan verlaat, het die goudprys Maandag tot US$1 185,80 per fynons laat styg.
Dit is die hoogste vlak sedert 5 Desember 2016.
“Ná die kommentaar oor Brittanje en Brexit wat die pond beïnvloed het, het beleggers goud as veilige belegging begin koop,” sê Daniel Hynes, ontleder by ANZ.
Die pond het Dinsdag laer verhandel nadat Theresa May, Britse premier, die naweek gesê het Brittanje gaan sy handelsbetrekkinge met die EU drasties hersien ná Brexit.
Hynes sê die goudprys het verder ’n hupstoot gekry weens ’n toename in verkope in China voor hul nuwe jaar later vandeesmaand.
“Die edelmetaal gaan in die medium termyn baie wind van voor kry. Ons verwag geen blywende voordeel uit die huidige lopie nie.
“Die vooruitsig op rentekoersverhogings in Amerika sal die grootste rede vir ’n daling in die goudprys in 2017 wees,” sê Hynes.
Goud is baie sensitief vir rentekoersverhogings in Amerika. Dit maak dit duurder om in goud te belê, terwyl dit die dollar, waarin goud geprys word, versterk.
Die dollarindeks, wat die geldeenheid teen ’n mandjie geldeenhede vergelyk, was Dinsdag 0,3% laer teen 101.64.
Die fokus is nou op Woensdag se nuuskonferensie waar Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, meer inligting sal gee oor sy beoogde beleid wanneer hy op 20 Januarie president van Amerika word.
“Met sy inhuldiging wat nader kom, verwag ons dat mense wat in goud belê, politieke verwikkelinge fyn sal dophou. Enige beduidende hoër geopolitiese spanningsvlakke kan maak dat hulle na goud as veilige hawe draai,” voorspel James Steel, ontleder by HSBC.
Goud het Dinsdagoggend teen US$1 185,60 per fynons verhandel. Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie