Brendan Peyper sing vir Windhoeker se kankerbehandeling

Yandi Du Plessis
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger Brendan Peyper wat in 2015 bekendheid verwerf het met sy lekkerluister-enkelsnit “Stop, wag, bly nog ’n bietjie”, kom maak volgende week ’n draai in Windhoek. Hy het vandeesmaand sy nuwe enkelsnit “Stop die Wêreld ek wil afklim” uitgereik.

Die 25-jarige sanger tree komende Woensdag 23 Februarie, by Wanderers op en die opbrengs uit kaartjieverkope gaan aan ’n goeie doel.

Die 51-jarige André Hulme van Windhoek is in 2018 met keelkanker rondom sy stembande gediagnoseer. Hy het toe onder meer bestraling en chemoterapie ontvang, maar die chemoterapie moes gestaak word nadat hy weens dié behandeling verskeie komplikasies, soos gehoorprobleme, keelpyn en kopsere, ervaar het.

“Ek was moedeloos en nie meer lus vir die lewe nie. ’n Mens kan amper nie slaap van al die pyn nie,” het André vroeër vertel.

Twee jaar ná sy kankerdiagnose en hoewel hy later in remissie was, was die kanker in Augustus 2020 weer terug. In September 2020 het hy ’n laseroperasie gehad, wat deur geweldige pyn gevolg is.

Hy het ’n infeksie in die kraakbeen in sy keel gehad wat dié pyn veroorsaak het en moes weer behandeling ontvang. ’n Opvolgondersoek het gewys hy is “skoon”, maar ’n paar maande later het ’n ondersoek gewys die kanker is weer terug. Hy het ’n laringale operasie ondergaan waartydens sy “stemboks” uitgehaal is.

“Ek is ’n baie gelowige mens en baie mense, vriende en die kerk het vir my gebid. Ek het geweet ek sal oukei wees, al gaan dit nie maklik wees nie. Die Here was my nog altyd genadig.”

Tydens die operasie is ’n klep in sy keel geplaas waarmee hy leer praat het wanneer hy die gat in sy keel toedruk.

“Die klep sit binne ’n gat in ’n wand wat grens aan die slukderm. Die gat se pyp loop reguit longe toe. Ek haal daarmee asem; my neus werk nie meer nie en ek kan glad nie ruik nie.”

André sukkel met vreeslike sooibrand en kos en vloeistof wat opstoot in sy keel.

Hy wag nou vir ’n afspraak by die staatsdokter om ’n gastroskopie te doen.

André en sy vrou Ansie (56) het albei in Februarie verlede jaar hul werk verloor nadat die plek waar hulle werksaam was, sy deure weens Covid-19 moes sluit. Nuwe werk was skaars en die egpaar moes vinnig ’n plan bedink om ’n inkomste te verdien.

Hoewel hulle hul bakvernuf en kombuis ingespan het om kop bo water te probeer hou, is die inkomste wat hulle uit die verkoop van klein koekies tot koeksisters gemaak word, nie noodwendig genoeg om die egpaar se basiese uitgawes te dek nie, asook André se medikasie wat dikwels nie by die staat beskikbaar is nie.

Die inkomste van Brendan se konsert sal alles aan die Hulme’s gaan om te help met mediese en daaglikse koste.

Kaartjies is op Webtickets of by enige Pick n Pay-winkel beskikbaar en kos N$300 of N$500 vir volwassenes en N$150 of N$350 vir kinders onder sewe jaar. Die duurder kaartjies (N$500 en N$350) sluit ’n A4 skilderdoek (canvas)-foto van jóú en Brendan in. ’n Fotograaf sal ’n foto van jou saam met Brendan neem, waarna dit op die skilderdoek uitgedruk sal word. ’n Ligte ete is by alle kaartjiepryse ingesluit.

Die vertoning begin om 18:30.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%