Breek die mure af
Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.
Shades of Broadway is ‘n dramatiese eenmanvertoning wat van die bekendste Broadway-produksies laat herleef en is môre by die Warehouse-teater te sien.
“Hierdie show gee die gehoor meer inligting oor die lewens van die kunstenaars wat uitgebeeld word,” sê Gregg Pettigrew, ster van die show.
“Met hierdie show hoop ek om mure af te breek,” het hy tydens ‘n onderhoud gesê.
“Hierdie show is persoonlik en elke keer anders, omdat die gehoor elke keer verskil,” sê Gregg.
Tydens die produksie herleef van die grootste musiekblyspele, onder meer Jesus Christ Superstar, Joseph en Evita.
Dit, saam met persoonlike verhale en staaltjies van die kunstenaars se ervarings op die verhoog, neem die gehoor op 'n emosionele reis, wat hulle sal laat dans én huil.
Die eerste vertoning van Shades of Broadway was in 2014.
"Maar die produksie was nie deurlopend nie. Ek is baie opgewonde om dit vir die eerste keer Namibië toe te bring," het hy gesê. Dit sal die eerste vertoning van dié produksie in 'n jaar wees.
Nikita Winckler van DancN Heels sal die openingsnommer saam met Gregg uitvoer, wat ook ’n eerste vir hom sal wees.
"Ek is opgewonde om Namibiese talent tydens my vertoning ten toon te stel," sê hy.
Danksy Mike Ott van die Warehouse-teater kan ’n groep minderbevoorregte kinders Vrydag die tegniese repetisie bywoon.
"Dit gee hulle die geleentheid om die show te sien en te sien wat nodig is om 'n produksie op die been te kry," sê Gregg.
Kaartjies is N$150 en N$180 by die deur, en kan deur PayToday of by die Warehouse-teater gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie