Brandwonde nu00e1 warmwatersak bars in hospitaal
Brandwonde nu00e1 warmwatersak bars in hospitaal

Brandwonde ná warmwatersak bars in hospitaal

Weens die hospitaal en personeel se beweerde nalatige optrede eis ’n voormalige pasiënt nou skadevergoeding van N$1,5 miljoen.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Voormalige pasiënt van die Windhoek Sentrale Hospitaal dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nadat ’n warmwatersak op haar rug gebars het.

Me. Wilka Kasera is op 3 September 2015 in die hospitaal opgeneem vir ’n prosedure wat die volgende dag in die teater uitgevoer sou word. Volgens Kasera het ’n verpleegster ’n warmwatersak op haar rug geplaas wat gebars het en brandwonde en blase veroorsaak het. Kasera beweer voorts sy is verdere mediese behandeling vir haar brandwonde geweier nadat sy ontslaan is.

Weens die hospitaal en personeel se beweerde nalatige optrede, eis Kasera nou skadevergoeding van N$1,5 miljoen. Dit sluit N$1 miljoen vir pyn en lyding, N$400 000 vir toekomstige mediese uitgawes, N$100 000 vir die verlies aan inkomste en N$16 930 vir vorige mediese uitgawes in.

Die ministerie en hospitaal ontken egter in hul verweer die verpleegsters het in die betrokke omstandighede nalatig opgetree.

Voorts was dit ook nie “redelik voorsienbaar” dat die warmwatersak sou bars nie. Ook het die verpleegsters “te alle tye redelike vaardighede in die omstandighede getoon en voorts redelike sorg aan Kasera verskaf”.

Die verweerders ontken ook dat Kasera verdere mediese hulp by enige openbare gesondheidsinstelling geweier is.

Sou die teendeel egter waar wees, sê die verweerders die weiering sou bloot wees om Kasera na ’n mediese instansie te verwys wat oor die nodige en vereiste mediese personeel en geriewe beskik om haar te behandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A