Brandstofdepot op Grootfontein vanaf 1 Junie in werking

Spog met ’n tenkkapasiteit van twee miljoen liter
Gerine Hoff
Die nuwe brandstofdepot wat Engen op Grootfontein opgerig het, sal op 1 Junie operasioneel wees, nadat in April verlede jaar met konstruksie begin is.
Die belegging van etlike miljoene Namibiese dollar is gemaak uit ’n strategiese oogpunt, omdat Engen oor geen depot in die noorde van Namibië beskik het nie en dus afhanklik was van ander oliemaatskappye om hulle te akkommodeer. Die nuwe depot plaas hulle egter in die posisie om selfversorgend te wees.
“Daar is ook groot onwikkeling in die Noorde en ons moet nader aan ons kliënte wees,” het mnr. Rynier du Preez, verspreiding- en voorsieningbestuurder van Engen Namibia gesê.
Bo en behalwe die feit dat Engen nou nader aan sy kliënte is, word die afleweringstyd van brandstof aansienlik verkort wat om die beurt weer koste verminder.
Met die kapasiteit om produkte soos ULP95, ADO500 en ADO50mmp aan te hou, sal die depot se verskaffingsvermoë uitgebrei word.
“Onafhanklikheid stel ons in staat om ? beter diens aan ons kliënte te lewer terwyl dit ons meer mededingend in die mark maak,” sê me. Nangula Hamunyela, besturende direkteur van Engen Namibia. Die depot is só ontwerp dat die opgaartenks per vragmotor of per trein volgemaak kan word.
Die depot se ontwikkeling is in ’n groot mate te danke aan die Grootfonteinse sakeman, mnr. Jaco van Dyk. Hy het reeds in 2003 ’n droom van ? brandstopdepot op die dorp gehad.
“Die Noorde is besig om te ontwikkel en daar is gedurig een of ander ongeluk of probleem met die treine, en die diensstasies het gereeld nie brandstof nie. Dus maak ? brandstofdepot in die noorde van Namibië eenvoudig net besigheidsin,” het Van Dyk gesê.
Hy het die grond gekoop en Engen vir die belegging genader. Daarna het Engen die depot begin onwikkel en die oliemaatskappy huur nou die grond by Van Dyk.
Van Dyk, wat ook ? diensstasie op Katima Mulilo besit, meen die nuwe depot sal Engen as ? maatskappy in die mark versterk.
Intussen is Engen ook besig met die ontwikkeling van ’n tweede depot wat tans op Ondangwa gebou word en waar ? soortgelyke belegging van etlike miljoene dollar gemaak is. Laasgenoemde depot sal Oshakati, Outapi en Ruacana bedien, terwyl die Grootfontein-depot vir Tsumeb, Oshivelo en Katima Mulilo van brandstof sal voorsien. Diensstasies wat in Botswana na aan die grens geleë is, sal ook deur dié depot bedien word.
“Ons is nou veral veel nader aan kliënte oorkant die grens. In die verlede het hulle brandstof vanuit Gaborone gekry,” het Du Preez gesê.
Miljoene liter brandstof sal voortaan per maand vir Engen deur Grootfontein se depot versprei word vir alle diensstasies en kommersiële kliënte. Die tenkkapasiteit is twee miljoen liter, wat gelyk is aan ’n week se voorraad.
Nóg ’n voordeel van die nuwe depot is dat langafstandvragmotors direk by die depot kan brandstof tap. Die depot is heeltemal outomaties en toegerus met die jongste tegnologie.
“Hierdie depot is nou een van die mees moderne brandstofdepots in Namibië,” sê Du Preez.
Engen is die afgelope sewe jaar besig met opgraderingswerk aan die brandstofdepot op Walvisbaai. Daar is drie bykomende tenks met ? totale ekstra kapasiteit van 25 miljoen liter gebou, waarvan die eerste ook in Junie in gebruik geneem sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A