Brandon Hammond se ­triomfantlike terugkeer

20 November 2020 | Byvoegsels
Brandon Hammond, 'n bekende in plaaslike musiekkringe, maak eersdaags weer opslae met sy dubbele aanlyn vrystelling van twee splinternuwe enkelsnitte! Beide liedjies is instrumentale kitaarvertonings, waarvan die eerste 'n eie komposisie in 'n Kaapse jazz-styl is. Die tweede snit is 'n moderne verwerking van 'n gewilde kerkgesang, “Nooit is hy verlate wat op God vertrou”. Die liedjies sal reeds teen middel-Desember op iTunes sowel as ander digitale platforms beskikbaar wees. Beide snitte, wat tydens 'n baie moeilike seisoen in sy lewe opgeneem is, vorm deel van 'n groter album wat in 2021 vrygestel word. Die komende album getiteld Sterkind word opgedra aan sy nasate sowel as al die kinders van Namibië.

Twee van die kunstenaar se vorige albums Still A Great God (sy debuutalbum) en Feliz Navidad ('n Kersalbum met sy dogter Zavia as medekunstenaar en seun Angelo as klankingenieur) is ook aanlyn op dieselfde platforms beskikbaar. Brandon was in 1997 'n dubbele naaswenner in die NBC Musiekmakers-kompetisie. Afgesien van sy voorliefde vir die kitaar is hy ook 'n passievolle skrywer en het onlangs sy eerste Engelse boek Open Secrets bekend gestel wat ook in die nasionale biblioteek beskikbaar is. Sy volgende boek Lesse in bemagtigende ouerskap beroep ons tot verantwoordelike en Bybelse ouerskap.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...