Brand vernietig nege huise in Mondesa

17 June 2019 | Ongelukke
Adolf Kaure - Verskeie families is dakloos gelaat nadat 'n brand Vrydagmiddag nege huise by die enkelkwartiere van die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund vernietig het.

Volgens hoofinsp. Daniel Gurirab van die Namibiese polisie (Nampol) het die brand tussen 12:00 en 13:00 na bewering by een van die huise naby die Moshitila-woonstelle begin en na die ander huise in die erf versprei.

“Die vuur het al nege huise tot op die grond afgebrand. Nampol en die Swakopmundse brandweer was op die toneel en het die brand geblus,” het hy gesê.

“Niemand se lewe is geëis nie en daar was geen ernstige beserings nie. Die huise en al die besittings binne is vernietig.”

Gurirab het bygevoeg dat die oorsaak van die brand nog onbekend is.

“Dit word vermoed dat die eienaar van een van die huise vergeet het om sy stoof af te skakel toe die hele dorp 'n kragonderbreking vroeg Vrydagoggend gehad het. Dit kan dalk die oorsaak van die brand wees,” het hy gesê.

Gurirab het 'n beroep op die publiek gedoen om skenkings aan die slagoffers van die brand te maak.

“Ek glo die eienaars van die huise sal dit opreg waardeer as iemand hulle kan help om hul lewe te herbou,” het Gurirab gesê.

Soortgelyk

 

Vermeende gemsbokstroper gewond

31 minute gelede | Misdaad

'n Vermeende gemsbokstroper is Donderdag op 'n plaas in die Omaruru-distrik in die been gewond. Volgens die Namibiese polisie is 'n 49-jarige man omstreeks 17:00...

Kolonel, onderwyser vas oor wild

1 uur gelede | Misdaad

'n Weermagkolonel (51) van die Otavi-weermagbasis en 'n onderwyser is vanoggend omstreeks 01:00 met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok by...

Leerlingdokters, -tandartse by staatshospitale uitgeplaas

2 ure gelede | Gesondheid

’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale dwarsoor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin. Die leerlingdokters sal...

Hof: Minister skuldig aan korrupsie

17 ure gelede | Howe

In 'n geskiedkundige eerste vir Namibië is me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind...

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

17 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

17 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

17 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...