Boutegnologie van die toekoms

'n Luukse ontwikkeling wat by Elisenheim in aanbou is, blyk 'n moderne benadering tot die behui­singskrisis te wees.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die 22 enkel- en dubbelverdieping luukse huise wat tans op Elisenheim gebou word, is 'n ontwikkeling wat dalk 'n nuwe era kan inlui in die soeke na 'n oplossing vir Namibië se tekort aan behuising.

Die aanwending van nuwe tegnologie in die Namibiese boubedryf is nie 'n algemene gebeurtenis nie, veral in die residensiële mark wat sterk glo in aanvaarde standaarde en beproefde metodes.

Sahara Commodities is die onwikkelaars, met OJ Construction die kontrakteurs en Windhoek Consulting Engineers die raadgewende ingenieurs. Geoplast voorsien die sogenaamde Modulo-fondament en Geopanel-raamwerk. Nedbank finansier die projek.

Met 'n besoek van Republikein aan die bouterrein, was mnr. Frans Sikiza Namuhuya, siviele ingenieur, die toergids. Hy is die jong man wat die voortou neem om die merkwaardige tegnologie na die Namibiese mark te bring. Dit was ná 'n uitgerekte stryd wat eindelik aan hom die goedkeuring van die Windhoek-munisipaliteit en die nodige stempels op die bouplanne besorg het.

Namuhuya word deur die verspreidingsmaatskappy Geoplast Suid-Afrika, en die moedermaatskappy, Geoplast Italië ondersteun. Volgens hom beloof die stelsel tot 66% korter boutyd per projek, beter gehalte, 'n besparing van 5 - 10% op koste en vlakker fondamentslote vir veiliger boupersele.

Geoplast versprei die Modulo-stelsel bestaande uit permanente bekisting van herwinde polipropileen (PP), wat 'n stelsel van pilare en boë skep en die grondvloerplaat ondersteun nadat die sement gegooi is. Dit is maklik om op te rig en laat toegang tot elektriese en waterdienste onder die fondament toe vanweë die boogvormige ontwerp.

Die stelsel is goedgekeur as een vlak laer as SABS, dit beskik oor 'n ISO 9001-2008-gradering en word deur die Suid-Afrikaanse nasionale raad vir bouers aanvaar.

Dit is die nuwe tegnologie, voorgestel deur Geoplast, wat grensverskuiwend is, aangesien Namibië al lank alternatiewe boumateriale en metodes oorweeg om die nasionale behuisingskrisis te kan oplos.

Die land het 'n tekort aan meer as 100 000 huise, meestal in terme van die laer inkomstemark, wat jaar-op-jaar toeneem.

Nadat die nasionale behuisingsbeleid in 1991 aanvaar is, het die regering in 1992 met die Build Together-program begin wat in 1998 na die streke uitgebrei is. Kort ná die program is die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) op die been gebring. Ongelukkig kon nie een byhou met die spoed waarteen die nood toeneem nie.

Oudpres. Hifikepunye Pohamba het in 2013 sy massabehuisingsprojek voorgestel, maar tot dusver is die eindresultaat teleurstellend.



TEGNOLOGIESE DEURBRAAK

Sedert die vestiging van die Habitat Navorsing- en Ontwikkelingsentrum (HRDC) vir navorsing oor volhoubare behuising in 2004, soek die regering tevergeefs 'n tegnologiese deurbraak.

Alternatiewe boumateriale en metodes voldoen nie aan baie van die munisipale bouregulasies en bouwette nie.

Onlangs het die regering saam met Duitsland probeer om 'n aanpassing te maak aan die plaaslik ontwikkelde Kavango Block Brick-konsep ten einde dit in die nasionale massabehuisingprojek te gebruik. Desondanks bou ­Namibiërs oor die algemeen steeds soos dit al die jare gedoen is.

Nie dié keer nie. Die Elisenheim tweede fase-ontwikkeling wat Namuhuya tans bou, is huise van tussen 173 vierkante meter en 246 vierkante meter. Luuks en goed toegerus om by die vooruitstrewende aard van die uitbreiding te pas, verrys die huise byna daagliks uit die voorbereide terrein.

Volgens mnr. Shahil Morar, mede-eienaar van Sahara Commodities, word hulle gebou teen ongeveer N$6 500 per vierkante meter, en hy sê hulle beplan om danksy die nuwe stelsel een en 'n halwe maand se boutyd op elke sewe maande se bouskedule te kan sny.

Die nuwe eienaars van die huise in hierdie ontwikkeling sal Kersfees saam met hul families hier kan vier, spog hy. Daar is vyf verskillende huisontwerpe en sommige neem langer as ander om te bou. Dit kan wel tussen vier en sewe maande klaar gebou word.

Die ontwikkeling moet einde Oktober voltooi wees. OJ Construction is besig om die nuwe tegnologie toe te pas wat hul medebouers by die private ontwikkelings buite die hoofstad soms stom laat as gevolg van die spoed waarteen hulle werk.

Omdat die stelsel net 200 mm se uitgrawing nodig het voor die vloerfondament gegooi kan word, neem die bouers maar drie tot vier dae om dit te voltooi. Daarna word die swart plastiekvormhouers in posisie geplaas en die sement gegooi. As die verskillende subkontrakteurs soos die loodgieters en elektrisiëns hul deel gedoen het, is die moeilike fase verby. Kragtoerusting word gebruik om die vloere gelyk te maak.

Langs die kant werk ander vormhouers beter as tradisionele hout aangesien dit nie ná 'n paar gebruike buig en krom trek nie. Die werk kan vinnig herhaal word en elke weergawe is gelyk aan die vorige een. “Wat bouwerk bekostigbaar maak, is jou program en hoe goed jy dit volhoubaar kan herhaal in die manier waarop jy bou,” sê Morar.



NUWE WERKMETODE

Die ander Sahara Commodities-vennoot, mnr. Richard Hoff, stem saam. “Indien jy dieselfde mates behou, is elke voetspoor identies?” vra hy. “Laas week het ons maar een fondament gelê. Die week is ons al op vyf of ses,” sê hy om te toon hoe vinnig die bouers die nuwe werkmetode kan aanleer en baasraak. “Ons rol dit in die kortste hoeveelheid tyd uit. Onthou, kontantvloei is ook baie belangrik vir die kontrakteur en omdat die fondament so gou gegooi kan word, kan die bouer vinniger sy eerste 15%-afbetaling by die bank verdien.”

Sê Hoff: “Ons gebruik minder sement, minder staal, ons bespaar op koste en behou die krag en integriteit van die gebou.” Die eerste voorbeeld is by sy huis in Olympia wat meer as 'n jaar gelede gebou is. Met die huidige projek gebruik hulle ook die Geopanel-raamwerk wat om die buitekant van die gebou geplaas word om te verseker die mure staan waterpas. “Die voordele van die gesamentlike toepassing van die stelsels is eksponensieel,” sê hy. Volgens Hoff voorsien die stelsel 'n bou-scenario wat voorspelbaar is: “Dit is 'n ingenieursproduk en die grootte van die modules wat 'n mens gebruik, beperk die grootte van die gapings onder die fondament,” wei hy uit. “Dit dra ook by tot skoner werkpersele,” sê hy.

Volgens Morar is die koms van die nuwe tegnologie goed vir die boubedryf. Daar vind ook 'n oordrag van vaardighede plaas en die bouers leer die nuwe stelsel ken.

“Dit kan die antwoord wees om die laekoste-behuisingskwessie op te los. Ons het hierdie huise teen 2015-pryse verkoop, maar ons bou hulle nou in 2017,” sê hy. “Tyd is geld, en daarom bespaar ons.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026