Boulter weer vlugtig op Kamanjab in die hof
Boulter weer vlugtig op Kamanjab in die hof

Boulter weer vlugtig op Kamanjab in die hof

Ronelle Rademeyer
Die Britse miljardêr mnr. Harvey Boulter (51, foto) wat daarvan beskuldig word dat hy sy plaasbestuurder op 27 Februarie vanjaar doodgeskiet het, se verhoor is vanoggend in die landdroshof op Kamanjab ná 'n vlugtige verskyning tot 20 September uitgestel.
Landdros Eric Kesslau het gelas dat hy in aanhouding bly.
Boulter was sedert sy vorige hofverskyning in Mei eers in isolasie in die Safari Hotel in Windhoek nadat hy Covid-19 opgedoen het, en is daarna op aanbeveling van 'n dokter na die Paramount-gesondheidsentrum in Eros oorgeplaas.

Boulter word daarvan beskuldig dat hy mnr. Gerhard van Wyk vermoor het. Hy het ná dié skietvoorval op sy plaas Kaross in Februarie vanjaar, nog nie een nag in polisieselle deurgebring nie.

Komm. Ismael Basson, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het vroeër bevestig Boulter is direk vanaf die hotel na die Paramount-gesondheidsentrum in Eros geneem nadat dit bevind is hy is Covid-19-vry. Isolasie en voorsorgmaatreëls kan 10 dae ná die eerste simptome gestaak word.

Landdros Immanuel Udjombala het op 11 Mei vanjaar Boulter se formele borgtogaansoek in die Outjo-landdroshof van die hand gewys.

Udjombala het beslis Boulter moet by Kamanjab se polisiekantoor aangehou word tot sy volgende hofverskyning op 30 Junie.

Boulter is egter op 12 Mei vanaf die hospitaal in Outjo na Windhoek vervoer omdat hy positief vir Covid-19 getoets het.



Basson het vroeër aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê toe Boulter van vir sy borgtogaansoek vanaf Windhoek na Outjo geneem is, is hy uit die hospitaal ontslaan.

Hy het glo gedurende sy borgtogaansoek “komplikasies” ontwikkel en ’n doktersbrief gekry waarin aanbeveel word dat hy in 'n hospitaal in Windhoek behandeling ondergaan.

Boulter staan tereg op ’n klag van moord nadat hy na bewering vir Van Wyk op 27 Februarie op Kaross naby Kamanjab doodgeskiet het. Hy self is tydens die voorval gewond.

Artikel gewysig op 23 November 2021

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!