Boulter sit sy stryd vir vryheid voort

09 July 2021 | Howe
Marc Springer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Boulter (51) sal volgende Donderdag weet of sy appèl teen die vroeëre weiering van sy borgtogaansoek suksesvol was en of hy vrygelaat word in afwagting van sy verhoor.

Adv. Sisa Namandje, vir Boulter, het gister voor regter Claudia Claasen in die hoërhof in Windhoek betoog landdros Immanuel Udjombala het 'n regsfout begaan toe hy Boulter op 11 Mei in die landdroshof op Outjo borgtog geweier het.

Hy het benadruk dat dié beslissing “diep gebrekkig” was, aangesien die landdros nie kon bevind dat Boulter waarskynlik nie sy verhoor sal staan nie, by die ondersoek sal inmeng of dieselfde oortreding weer kan begaan nie. Nietemin het die landdros hom borgtog geweier.

In die lig daarvan moes borgtog aan Boulter toegestaan word, aangesien dit die drie belangrikste kriteria is ingevolge waarvan besluit word of 'n beskuldigde vrygelaat moet word hangende sy verhoor of nie.
Namandje het verder daarop gewys dat selfs die ondersoekbeampte nie betwis het dat Boulter nie 'n bedreiging vir die samelewing inhou nie, of dat Boulter die oorledene, sy plaasvoorman mnr. Gerhard van Wyk, per ongeluk geskiet het ná 'n onderonsie op 27 Februarie vanjaar om 'n braaivleisvuur op sy plaas Kaross nie ontstaan het nie.

Namandje het 'n groot deel van sy tyd gewy aan die weergawe van die beskuldigde, waarvolgens hy sonder enige rede deur die oorledene en sy seun, Gerhard junior, getakel is en dat hy sy vuurwapen uit die skede gehaal het om die twee mans af te weer. Dit was toe die oorledene die wapen by hom probeer gryp het, dat 'n skoot afgevuur is wat Boulter se linkerhand beseer het en Van Wyk in die maag getref het. Hy het op pad na die hospitaal gesterf.

Udjombala het egter bevind die staat het 'n sterk saak teen Boulter en dat hy 'n lang tronkstraf opgelê kan word – terwyl dit nie die primêre fokus moes wees nie, sê Namandje. Die landdros moes beslis of die beskuldigde ‘n vlugrisiko is en nie sy verhoor sal bywoon nie, en/of sou inmeng met die polisie se ondersoek as hy op borgtog vrygelaat word, wat hy nie gedoen het nie.

Hy sê die beginsel wat moes geld, is dat hy moontlik onskuldig is en die reg op vryheid het. Daarom moes hy hom op borgtog van N$200 000 vrygelaat het, met normale borgtogvoorwaardes van aanmelding by die polisie wat geld.

Van sy kant het staatsaanklaer Taodago Gaweseb hewig beswaar gemaak teen sy moontlike vrylating. Hy het gesê Boulter is 'n vermoënde man wat in staat sal wees om "oor die landsgrens te glip" as hy op borgtog vrygelaat word, selfs al het hy sy paspoort aan die polisie oorhandig.

Hy het verder beklemtoon dat die beskuldigde volgens die getuienis voor die landdros die aggressor was en die oorledene se seun gekonfronteer het. Hy het sy wapen op hom gerig toe sy pa tussenbeide wou tree. Dit is dus verkeerd om te kenne te gee dat Boulter probeer het om homself te beskerm, dat hy uit selfverdiging opgetree het of 'n grondige vrees vir sy lewe gehad het.

Gaweseb het voorts aangevoer dat indien borgtog aan Boulter toegestaan word, moet dit nie minder as N$1 miljoen beloop nie en dat hy hom drie keer per week by die polisie moet aanmeld.
[email protected]


FOTO
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, mnr. Harvey Boulter, word deur die polisie en sy advokaat, Kadhila Amoomo, na die hof begelei. Foto Marc Springer

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

4 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

4 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

4 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

4 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

4 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

4 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

4 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

4 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

10 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...