Boulter: Halfmiljoen later is hy vry op borgtog

16 July 2021 | Howe
Ronelle Rademeyer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Eric Boulter (51) is vry om in Windhoek te kom en gaan soos hy wil.

Dié voorsitter en uitvoerende hoof van die internasionale waagkapitaalgroep, Porton Group, is met borgtog van N$500 000 vrygelaat nadat sy aansoek vir die hersiening en tersydestelling van 'n vroeëre borgtoguitspraak in die ­landdroshof op Outjo, voor regter Claudia Claasen in die hoërhof in Windhoek geslaag het.

Adv. Sisa Namandje, vir Boulter, het verlede week voor Claasen betoog landdros I­mmanuel Udjombala het 'n regsfout begaan toe hy Boulter op 11 Mei in die landdroshof op Outjo borgtog geweier het.

Hy het gesê dié beslissing was “diep gebrekkig” aangesien Udjombala nie kon bevind dat Boulter waarskynlik nie sy verhoor sal staan nie, by die ondersoek sal inmeng of dieselfde oortreding weer kan begaan nie.

Claasen het gelas dat hy nie vrygelaat mag word voordat hy nie 'n vaste adres in Windhoek aan die ondersoekbeampte verskaf nie. Hy moet hom een keer per week by die polisie aanmeld en mag die hoofstad nie sonder vooraf toestemming van die polisie verlaat nie.

Sy paspoort is vroeër ingetrek en Claasen het gesê hy mag nie om 'n nuwe paspoort aansoek doen nie.

Boulter is op 27 Februarie in hegtenis geneem nadat hy die 54-jarige mnr. Gerhard van Wyk, bestuurder op sy plaas Kaross by Kamanjab, noodlottig in die maag geskiet.

Dit het gebeur toe 'n struweling om die braaivleisvuur ontstaan het nadat Boulter 'n onwelvoeglike seksuele opmerking teenoor Van Wyk se skoondogter, me. Liani van Wyk, gemaak het.

Die hoogste borgtogbedrag wat ooit in die Namibiese regsgeskiedenis vasgestel is, was N$10 miljoen.

Dit is in 2006 deur die hoërhof bepaal vir die Israeliese miljardêr, mnr. Kobi Alexander, se vrylating op borgtog hangende 'n aansoek vir sy uitlewering aan Amerika.

 – [email protected]

Soortgelyk

 

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

58 minute gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

58 minute gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

58 minute gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

Verkiesingskommissie tel weer: Swapo wen steeds

58 minute gelede | Politiek

Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister die stembriewe van die streekraadsverkiesing vir die Ndonga Linena-kiesafdeling – wat op 25 November 2020...

Weer vir 24 September 2021

58 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide. Elders gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm. GETYE...

Goeie reënseisoen verwag

58 minute gelede | Weer

Elvira Hattingh – Normale tot bonormale reënneerslae word vir die oorgrote Namibië tydens die 2021-'22-seisoen voorspel, met uitsondering van hoofsaaklik die noordweste van die land.Me....

'Diamantdiewe' pleit onskuldig, wag getuig

58 minute gelede | Howe

Kristien Kruger – 'n Sekuriteitswag by Debmarine Namibia (voorheen De Beers Marine Namibia), wat glo as 'n “geheime agent” saam met die twee beskuldigdes gewerk...

Meubelwinkel op Tsumeb ly brandskade

58 minute gelede | Ongelukke

Nuusredaksie – Gisteroggend is die skade nog bereken by Nictus se tak op Tsumeb ná 'n brand wat Woensdagaand in die gebou, in die dorp...

Kletskompas videokompetisie 2021 – Week 2

11 ure gelede | Gebeure

SMS vir jou gunsteling video en wen leserspryse ter waarde van N$25 000.WhatsApp jou video na 0811 7000 10 om deel te neem en wen...