Bou van ambassade stort miljoene in ekonomie

200 Namibiërs kry werk

24 July 2020 | Infrastruktuur
Kristien Kruger – Die oprigting van die nuwe Amerikaanse ambassadekompleks in Klein-Windhoek het gister 'n sooispitseremonie bereik waartydens dié land se ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, gesê het dié projek laat vloei N$11.5 miljoen elke maand in die Namibiese ekonomie.

Volgens Johnson sal die konstruksiewerk in 2023 voltooi word. 'n Amerikaanse konstruksiemaatskappy is aan die stuur van beplanning en het reeds 200 Namibiese werkers aangestel.

“Gedurende die volgende drie jaar sal meer as 2 000 Namibiërs in verskeie fases van konstruksie in diens geneem word,” het Johnson gesê.

Die Amerikaanse konstruksiemaatskappy het glo reeds van 50 Namibiese maatskappye se produkte en dienste gebruik gemaak, ten bedrae van sowat N$11.5 miljoen per maand.

Volgens Johnson is die nuwe gebou ontwerp om by die Namibiese landskap te pas. Die gebou sal van rooi sandsteen en ligte kalksteen gebou word. Die oogmerk is ook om net inheemse bome en plante te gebruik en dat sonpanele omtrent 50% van die ambassade se krag sal voorsien.

Die nuwe ambassadekompleks sal glo 'n Amerikaanse sentrum insluit waar die publiek meer oor die VSA kan leer. Die ambassade se konsulêre en visumdienste sal vanaf 2023 ook hier geskied.

“Beide Namibië en Amerika sal voordeel trek uit hierdie nuwe ambassade en dit sal die verhouding tussen die twee lande verder ontwikkel en versterk,” het Johnson gesê.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Psemas-tender sluit

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, het Woensdag (23 September) gesluit. Dit volg nadat sekere vereistes in...

Babelse verwarring oor toerismeregulasies

10 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – Met Babelse verwarring wat in die toerismesektor oor die nuwe Covid-19-regulasies heers, word steeds op meer duidelikheid gewag.“Ons sal weet sodra daar...

Gemsbok soek lafenis

10 ure gelede | In beeld

Die Desert Hills Lodge in die Naukluft-berge naby Sesriem het 'n spesiale besoeker gehad wat sy dors in die swembad kom les het. Volgens mnr....

N$30 miljoen dringend nodig om rooisprinkane te beveg

10 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig. Dit, om te...

Weer vir 28 September

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar baie warm in die Noorde met 'n paar wolke wat oor die Zambezistreek...

Skoonmaakveldtog takel landswye probleem

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – 'n Geskatte 61 ton menslike ontlasting en huishoudelike rommel word daagliks in die openbare areas in Windhoek se informele nedersettings gestort. Dié...

Twee vas weens omkopery

10 ure gelede | Misdaad

Erwin LeuschnerDie twee beskuldigdes wat weens klagte van omkopery en korrupsie aangekla word, mnr. Farhan Khatri (31) en speuradjudantoffisier Jafet Simon, is Woensdag borgtog in...

Hardap dalk tronke se nuwe episentrum

10 ure gelede | Polisie

Kristien KrugerDie Windhoek Sentrale Gevangenis is reeds weke lank in inperking vanweë 'n Covid-19-uitbreking. Dit blyk egter dat die korrektiewe geriewe in die Hardapstreek (naby...

Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab

10 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause – Die Namibiese Rooikruisvereniging het noodverligtingspakkies aan 11 families oorhandig wat die slagoffers van brande in informele nedersettings was. Volgens die Windhoekse stadspolisie...