Boskrag vir Namibië, buurlande

Ekspo kom binnekort

11 July 2019 | Energie
Elvira Hattingh - Deur slegs 1% van Namibië se huidige indringerbos te gebruik, kan tot 900 Megawatt (MW) hernubare elektrisiteit opgewek word.

Dit is genoeg om in Namibië se vraag na 650 MW se elektrisiteit op piektye te voorsien.

Terselfdertyd sal genoeg elektrisiteit oor wees om aan die res van Suider-Afrika te voorsien, wat die land van ‘n bykomende inkomste kan voorsien.

Só sê die Namibia Biomass industry Group (N-BiG) se algemene bestuurder, mnr. Colin Lindeque. Hy sê opsies oor hoe biomassa binne die energiesektor ingespan kan word, is een van die onderwerpe wat tydens die komende Biomass Technology Expo op 9 Augustus bespreek sal word.

Die geleentheid, wat buite Otjiwarongo by die Otjiwa Safari Lodge aangebied sal word, sal deur van die wêreld se leiers in biomassa-energie-tegnologieverskaffing bygewoon word, wat John Thompson van Suid-Afrika, Kohlbach van Oostenryk asook Spanner Re2 van Duitsland insluit.

Volgens Lindeque is die gebruik van indringerbos vir die opwekking van energie ‘n wensituasie vir Namibië.

“Die rou materiaal, naamlik die indringerbos wat natuurlik oor 45 miljoen ha van ons land voorkom, raak ‘n probleem as dit toegelaat word om oor te neem. Dit het rééds oorgeneem.

“Die verwydering hiervan op ‘n volhoubare wyse om energie op te wek, lei tot die skep van beter biodiversiteit as dit by weiding kom, asook tot die skep van gedesentraliseerde, volhoubare werksgeleenthede.

“Boonop kan hernubare energie op dié manier plaaslik opgewek word,” het Lindeque gesê.

Volgens hom is daar in Namibië gemiddeld tot sowat 10 ton bosbiomassa per hektaar vir oesdoeleindes beskikbaar.

Terselfdertyd kan 5 000 ton indringerbos 1 MW elektrisiteit per jaar genereer.

“Dit sal sowat 3 miljoen ton hout neem om Namibië vir ‘n jaar lank van krag te voorsien, terwyl ons sowat 450 miljoen ton indringerbos het,” het hy gesê.

Hierdie tipe energie is ook skoner as die verbranding van fossielbrandstowwe en boonop hernubaar.

Dit kan dieselkragopwekkers, swaar ruolie, en steenkoolaangedrewe kragopwekkers vervang, asook ingevoerde krag wat met fossielbrandstowwe gegenereer word.

Lindeque sê hierdie metode kan gebruik word om elektrisiteit of hitte soos benodig te vervaardig en dit kan op klein of groot skaal gebruik word. Boonop lewer dit nuttige byprodukte soos hitte, kole of as.

Hy sê Namibië benodig hierdie produkte meer as ooit, gesien in die lig daarvan dat ons meer as 70% van ons elektrisiteit van Suid-Afrika moet invoer, nie meer weiding het nie weens die droogte en bosindringing en ons werkloosheidsyfer baie hoog is.

Hy sê biomassa as energiebron word dikwels misgekyk omdat daar hoofsaaklik op winsgewendheid in die energie-ekonomie gefokus word, terwyl maatskaplike asook omgewingsvoordele misgekyk word.

Hy sê almal in Namibië weet van sonkrag, wat nie baie plaaslike werksgeleenthede skep nie, nie help om meer gras te laat groei of biodiversiteit te verbeter nie en nie waardevolle byprodukte lewer nie – anders as biomassa-energie.

Belangstellendes wat die komende Biomass Technology Expo 2019 wil bywoon, waar meer as 95 uitstallers te sien sal wees, kan kaartjies aanlyn by Webtickets Namibia of by plaaslike Pick n Pay-winkels koop.

Soortgelyk

 

Handelsknoop knap voor Brexit deurgehaak

7 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat graag aan ’n Skotse whisky weglê, en Britte wat van Namibiese beeshaas of ander prima beesvleissnitte hou, kan gerus slaap....

Hof toe oor voorskrifte

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - “Om van gewone mense in Namibië te verwag om afhanklik van ‘n doktersvoorskrif vir basiese medisyne te wees, is gelykstaande daaraan om...

Reuse-sege vir Okahandja-plakkers

7 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smith – Inwoners van Vergenoeg, ’n onwettige nedersetting by Okahandja, het ná verskeie gemeenskapsvergaderings en -druk ’n reuse-oorwinning behaal.Dié druk, wat hoofsaaklik deur die...

Weer vir 12 September

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die Suide met 'n paar buie in die verre Suide, andersins sonnig en koel tot baie warm.KUS:...

Hage se lys ‘vervelig’

7 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Prof. Nico Horn sê pres. Hage Geingob se 10 kandidate om by Swapo in die Nasionale Vergadering (NV) aan te sluit, is...

‘Effense’ afname in hep. E-gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle in die land het in die eerste drie weke van Augustus afgeneem. Sedert ‘n uitbreking van die siekte...

Polisie vir miljoene dollars gedagvaar

7 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht'n Paartjie van Suid-Afrika wat in 2013 vir etlike dae op Rundu aangehou is omdat hulle na bewering die wet op indiensneming oortree het...

Wêreldfisio-dag fokus op chroniese pyn

7 ure gelede | Gesondheid

Wêreldfisioterapiedag word jaarliks op 8 September gevier en is 'n geleentheid vir fisioterapeute van oraloor die wêreld om bewustheid van hul rol te skep om...

Vermeende skietmal stroper bly agter tralies

7 ure gelede | Howe

Francoise SteynbergDie vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het Dinsdag in dié dorp se landdroshof...