Boskos bied uitkoms in taai tye

Navorsers sê hoewel boskos ‘n ruvoer is wat nie deur vee verteer kan word nie, word dit deur mikroörganismes benut wat in simbiose in vee se grootpens leef.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ‘n Navorser verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), me. De la Puerta Fernández, het tydens die Biomassategnologie-ekspo gesê onlangse navorsing bewys boskos is ‘n gepaste noodvoer vir vee tydens die droë seisoen en is ook ‘n goedkoper produksievoer.

Terselfdertyd sê plaaslike produsente boskos was hul redding tydens die afgelope droogte en daarsonder sou hulle die ‘n risiko loop om al hul vee te verloor.

Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), sê as hy nie sy beeste gedurende die droogte boskos gegee het nie, sou hulle beslis gevrek het.

“Ek kan onomwonde sê boskos is beslis ‘n antwoord, oplossing en uitkoms. Ek het geen twyfel daaroor nie.

“Ek maak al vyf jaar lank elke dag van my lewe boskos. Dit is vanjaar intens droog by my, soos ek dit nog nooit ervaar het nie.

“Ek het vanjaar 71 mm reën gehad en dit ná ‘n sewejaar- droë siklus. My bos is ellendig, dit bot swak en die blaardrag is ewe swak,” het Gouws gesê.

“As ek nie boskos gemaak het nie, sou ek nie my seun saam met my op die plaas kon akkommodeer nie. Ek sou nie my kudde kon behou nie en ek sou daarvan moes verkoop.

“My vee se toestand neem wel af en dit raak al swaarder. Die warm seisoen lê ook voor, wat beteken ons sal die verhouding van voer moet aanpas en meer energiekosse gee, wat koste verhoog.

“Tog voer ek jong vee wat al vir vier of vyf maande op kraal staan en hulle groei by die dag,” het Gouws gesê.

NIE MAKLIK

Gouws sê hy kry wel terugvoering dat die produksie van boskos te duur is.

“My vraag aan hulle is egter – as jy nie boskos gemaak het nie, wat sou jy nou met jou beeste gedoen het? Die beeste sou nou in die veld gevrek het of verkoop moes word.

“Weeg ook die alternatiewe op waaraan jy nou uitgelewer sou wees.”

Gouws sê die maak van boskos is wel nie vir almal nie omdat dit van jou ‘n sekere soort bestuurstyl vereis en omdat dit koste- en arbeidsintensief is.

“Jy maak ‘n kapitale uitleg om boskos te kan produseer en moet steeds byvoer koop. Dit kos geld, want ‘n bykos soos byvoorbeeld chop se prys het onlangs verdubbel. Dit weens die sterk vraag daarna.”

Gouws sê akademici beweer soms boskos werk nie omdat dit eintlik onverteerbaar is.

“By my in die praktyk is die teendeel bewys. My vee staan op kraal en kan van nêrens anders kos kry nie. Ek gee 80% boskos en 20% byvoer en hulle groei teen amper 500 g per dag.”

Gouws sê dis belangrik om sagte lote vir vee te maal en nie dik, houtagtige dele van bosse nie. Boonop moet voerresepte so eenvoudig moontlik gehou word, sê hy, sodat jy die minste variasie op mikroörganismes in vee se grootpense kry.

Nog ‘n produsent, mnr. Danie Jansen van Vuuren, wat in die noordweste van die land tussen Kamanjab en Khorixas boer, sê hy is tans besig om sy skoudiere op boskos af te rond. Hy sê sonder boskos sou hy al sy vee moes verkoop.

Jansen van Vuuren sê hy moes sy vee reeds in Mei vanjaar op kraal sit omdat daar nie meer kos in die veld oor was nie. Tans onderhou hy sowat 230 beeste en 200 skape op boskos, terwyl hy dit ook vir wild en bokke gee.

Hy maak al drie jaar lank bosvoer en sê as onderhoudsvoer gee hy 70% boskos en 30% byvoer, terwyl hy dié resep vir afronding aanpas na 40% bosvoer en die res byvoer.

Hy maak boskos hoofsaaklik van swarthaakbos en produseer ook houtskool.

“Ek sal boskos altyd aanbeveel, maar mense moet onthou dit is nie noodwendig goedkoop nie. Dit is arbeidsintensief en jy kan nie dit skoon aan vee voer nie, byvoere is noodsaaklik,” het Jansen van Vuuren gesê.

NAVORSING

‘n Navorser van Unam meen boskos is ‘n geskikte noodvoer in die droë seisoen vir beeste, bokke en skape.

Me. María de la Puerta Fernández sê bosvoer bring nie net verligting in droogte nie, maar is ook ‘n meer bekostigbare produksierantsoen as ander alternatiewe vir vee.

Die gebruik van korrekte aanvullings by boskos is egter noodsaaklik en daarom moet boere kennis dra van hoe om veevoer saam te stel, het sy gesê.

“Tydens plaaslike toetse is gevind vee se groeitempo was vinniger op kommersiële voer, maar die was koste ook hoër,” het sy veduidelik.

De la Puerta Fernández sê beeste wat tydens toetse ‘n produksierantsoen met boskos as ruvoer gegee is, het 60 kg gewig in 90 dae aangesit.

In vergelyking hiermee het beeste 74 kg oor dieselfde tyd op ‘n kommersiële dieet aangesit, wat uit net 20% gras bestaan het.

Die kommersiële dieet het N$11,90 per kg gekos, terwyl boskosrantsoene N$4,60 gekos het.

De la Puerta Fernández sê tydens ‘n soortgelyke proef op skape deur die ministerie van landbou, water en bosbou, asook die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking (GIZ), het skape oor 90 dae tussen 4 kg en 5 kg op produksierantsoen opgetel.

Skape wat oor 90 dae voer gegee is wat tot 85% bosvoer bevat het, het hul liggaamsgewig behou.

“Dieselfde uitslae is tydens soortgelyke proewe op bokke gekry,” het sy gesê.

VOERSAMESTELLINGS

Boskos word as ruvoer beskou en hoewel dit nie deur vee verteer kan word nie, word dit deur die mikroörganismes benut wat in simbiose in vee se grootpens (rumen) leef. Sy het gesê boskos, wat in korrels gepers word, het minder vesel en is meer verteerbaar.

Sy het verduidelik vee benodig as onderhoudsrantsoen 75% ruvoer, 17% energiekonsentraat, 5% proteiënkonsentraat en 3% minerale en vitamine.

Produksierantsoen verskil egter hiervan in die sin dat ruvoer dan net 55% van hul totale dieet moet behels, terwyl hulle dan 15% proteiënkonsentraat en 27% energiekonsentraat benodig.

“Die regte byvoer saam met boskos is noodsaaklik en indien dit reg gedoen word, kan dit groei stimuleer. Aanvullings het natuurlik ook ‘n groot invloed op die koste van veevoer,” het De la Puerta Fernández gesê.

MIKROöRGANISMES SE WERK

Voermeester se mnr. Christo du Plessis het verduidelik geen herkouers kan sonder ruvoer oorleef nie.

“Ruvoer skep ‘n ‘mat’ binne die dier se rumen, waaraan die mikroörganismes heg om dit te verteer,” het hy gesê.

Du Plessis sê dit stel dan die energie vry wat in die ruvoer vasgevang is, asook vlugtige vetsure wat deur die herkouer se rumenwand geabsorbeer word.

Mikrobe-proteïene word in die proses gevorm, wat die herkouer kan benut.

“Mikrobe-proteïene is eintlik die mikroörganismes wat afsterf of van die res van die spysverteringstelsel invloei,” sê Du Plessis.

Hy sê veldbeeste se rantsoene bestaan gewoonlik uit 80% tot 90% ruvoer. Herkouers is die enigste organismes wat die potensiaal het om ruvoer in vleis om te skakel.

Dít kan hulle net danksy die mikroörganismes regkry.

Du Plessis sê in gevalle waar boere geen gras meer het nie en boskos noodgedwonge as ruvoer moet dien, help dit die mikroörganismes oorleef.

Maar vir die mikrobe-bevolkings om voort te bestaan, is byvoere ook nodig.

Voermeester bied gratis pamflette met volledige inligting oor boskosvoermengsels en hoe om dit te gebruik om produksiemengsels, instandhoudingsmengsels asook oorlewingsmengsels vir vee te maak.

Pupkewitz se mnr. Morné Nell het tydens die ekspo gesê hulle sal ook daarin belangstel om boskos as kommersiële produk te verkoop, maar moet wag dat dit by die registrateur van veekosse binne die ministerie van landbou, water en bosbou geregistreer word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%