Boom vir boom maak Sakaria 'n verskil
Boom vir boom maak Sakaria 'n verskil

Boom vir boom maak Sakaria 'n verskil

Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Man van Lüderitz het saam met verskillende gemeenskappe sowat 10 000 bome die jaar in die Noorde en Suide geplant.

“Ons kan nie meer net agteroor sit en wag dat die regering alles vir ons moet doen nie. Ons moet self opstaan en mekaar en ons land help, so veel soos wat ons kan,” sê Sakaria Kandenge van Lüderitz en stigter van Eshisha Development and Reconciliation Organisation.

Hy is op Ondangwa gebore en het tussen Tsumeb waar sy pa gewerk het en Ondangwa grootgeword. Hy het op Khorixas skoolgegaan. Sakaria se oupa het in 1930 Lüderitz toe getrek om sy lewe daar te begin.

“My familie was altyd in Lüderitz en ek het altyd gesê ek sal terug Lüderitz toe gaan sodra ek skool voltooi het en dit is presies wat ek gedoen het.”

Sakaria is nie net 'n besigheidsman nie, maar ook 'n gemeenskapsaktivis wat hom beywer om sy gemeen­skap se omstandighede en lewens te verbeter.

Die Eshisha Development Organisation is verlede jaar November in die lewe geroep met veelvuldige doelwitte.

“Ek het die organisasie begin om verandering in Namibië te bewerkstellig en om die regering te ondersteun. Ons fokus op die omgewing, landelike en stedelike ontwikkeling, toerisme en rekonsiliasie. Dit gaan oor die ontwikkeling en bemagtiging van jong mense in die land en om hulle te betrek.”



Omgewing

Verlede jaar het lede van die projek 2 000 inheemse bome in die Noorde van die land geplant.

“Die bome kom van saailinge wat lede van die gemeenskap gesaai en versorg het totdat ons hulle kon uitplant. Om bome te plant, is nie 'n nuwe ding nie, dit is in ons kultuur.”

Die idee is dat bome en veral vrugtebome oraloor die land geplant word.

“Ons het in Oshakati en Ondangwa begin plant en nou het ons Lüderitz toe geskuif. Ek het op Lüderitz vir die gemeenskap stiggies van spekbome gegee. Ons het in die dorp al 300 spekbome geplant en die aanvraag vir nog bome is groot.”

Volgens hom is dit nie duur om bome te plant nie.

“Dit is 'n begin en as almal deel word en een of twee bome plant, dan kan ons selfversorgend word en nie meer al ons vrugte invoer nie. Dié is ook hoekom die organisasie met die ontwikkeling van groentetuine gaan help. Ons het al in die Noorde 'n paar begin en sal volgende hier op Lüderitz daarmee begin.”



Toerisme

Volgens Sakaria is Lüderitz en sy omgewing baie ryk aan geskiedenis en kultuur.

“Ons het baie toeriste wat ons besoek, veral as die passasiersbote hier aandoen. Ek het 'n kulturele groep wat ek hawe toe vat en dan dans hulle vir die toeriste. Toeriste hou nie van mense wat bedel nie, maar as hulle die dansgroep sien, word die kinders goed betaal.”

Volgens Sakaria kan die kulturele bedrywighede by die hawe uitgebrei word.

“Ons het alle Namibiese kulture hier op Lüderitz en dit is nie nodig dat net die Oshiwambo-danse ten toon gestel word nie. Mense kan byvoorbeeld ook die tradisionele Owela-speletjie vir die toeriste wys.”

Die informele nedersettings het geen infrastruktuur vir ablusie nie.

“Die mense wat kos op straat verkoop, het nie toegang tot water nie. Hulle werk met kos en kan nie eens hul hande was nie. Ons wil die omstandighede vir informele verkopers bietjie verbeter. Ons kan begin om vir hulle te leer om hulle plek en omgewing skoon te hou. Dalk kan ons 'n afdak vir hulle bou waaronder hulle kan sit. Dit is klein gebare, maar alle veranderinge het 'n klein begin.”



Jeug

“Ek het baie jong mense gewerf wat net so passievol oor die land, sy toekoms en die projek soos ek is. Saam gaan ons 'n verskil maak.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015