Bon verlaag repokoers
Die Bank of Namibia (BoN) het gister die repokoers verlaag.
Estelle de Bruyn - Goeie nuus vir huiseienaars en diegene wat nog aan hul motors afbetaal, is dat die Bank of Namibia (BoN) gister die repokoers met 25 basispunte tot 6,75% verlaag het.
Volgens mnr. Ebson Uanguta, adjunkpresident van die BoN, is dié besluit geneem om plaaslike ekonomiese groei te stimuleer.
Die vergadering van die Monetêre Beleidskomitee was volgens die finansiële beplanners IJG die eerste vergadering sedert die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Julie vir die eerste keer in vyf jaar die repokoers in Suid-Afrika met 25 basispunte verminder het.
Die verlaging van Namibië se repokoers bring mee dat die twee lande nou gelyk staan.
Volgens Uanguta het plaaslike ekonomiese aktiwiteite tydens die eerste ses maande van vanjaar swak gebly. Dit was veral in konstruksie, vervaardiging, groot- en kleinhandel, asook die vervoersektor merkbaar.
Die ligpunt is dat daar in dieselfde tydperk verbeteringe in sektore soos mynbou en kommunikasie, asook in die bemarking van lewende hawe was, wat ‘n mate van stimulasie vir die ekonomie meegebring het.
Die inflasiekoers was gemiddeld 7,0% in die eerste ses maande in vergelyking met 6,3% vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Dit is minder as die hoogtepunt van 8,2% in Januarie 2017. In Julie het dit op 5,4% gestaan.
Volgens die BoN kan die vertraging in inflasie toegeskryf word aan laer voedselinflasie.
Private sektor kredietuitbreiding (PSCE) het voortgegaan om sedert Januarie af te neem en die jaarlikse koers van PSCE-groei staan op gemiddeld 8,5% vir dié tydperk, laer as die 12,5% vir dieselfde tydperk in 2016.
Dit strook volgens die BoN met die swak plaaslike ekonomie.
Dit is vanweë die kleiner toename in krediet wat aan huishoudings en die korporatiewe sektor beskikbaar gestel is in die vorm van huislenings en afbetalingskrediet.
Namibië se internasionale reserwes op 31 Julie was N$32,7 miljard - ‘n toename in sowel die maand-tot-maand as jaarlikse basis.
Dié toename is weens die repatriasie van geld deur finansiële instansies, African Development Bank se lening en die terugbetaling deur die Nasionale Bank van Angola.
Op die huidige vlak is dit voldoende om vyf en ‘n half maande se invoere van goedere en dienste te dek.
Dit is ook voldoende om die wisselkoersverbintenis van die Namibiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand te verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie