Bome glo stééds afgekap

Namibiërs beplan protesoptog

07 May 2019 | Omgewing
Catherine Sasman – Bronne in Kavango-Oos beweer die Chinese sakeman mnr. Hou Xue Cheng kap steeds hout in die gebied en vervoer die stompe – al is permitte vir die kap en vervoer van hout opgeskort.

Mnr. Pieter Pienaar van Kavango Dune Camp naby die Tjeye-nedersetting buite Rundu het op 23 April een van Hou se geel lorries met ‘n vrag hout op naby laasgenoemde se houtkamp in die Ncaute-gebied afgeneem.

Die foto’s is op Facebook gelaai, waarvandaan dit wyd versprei is.

“Dit is baie duidelik die hout is onlangs gekap. Die spesifieke lorrie moes gebreek het, want die plaaslike inwoners sê hulle ry gewoonlik net saans,” het Pienaar gister by navraag gesê.

Hy sê volgens die plaaslike inwoners word hout in klein nedersettings by Vikota en Nhoma gekap.

“Die spore van die laaigrawe is vars en steeds duidelik sigbaar,” sê Pienaar. “Saans hoor jy die lorries op die paaie dreun. En bedags hoor ‘n mens die kettingsae in die woude dreun. Ons woude word vernietig en dit voel of jy teen ‘n muur vasloop, want dit hou nie op nie.”

‘n Bron na aan Hou het eweneens bevestig die kap en vervoer van hout gaan ongehinderd voort.

Dié bron, wat uit vrees nie geïdentifiseer wil word nie, sê daar is gedurende die Paasnaweek op vier van Hou se lorries by Katima Mulilo beslag gelê.

Hy beweer ongelukkigheid laai op onder Hou se vragmotorbestuurders, aangesien ten minste twee van hulle in hegtenis geneem is en op 29 April in die landdroshof op Katima Mulilo vir oorlading verskyn het.

Hulle het glo hout van Zambië af vervoer.

Hulle moet weer op 29 Mei in die hof verskyn.

ONTKENNING

Hou het die bewering Vrydag ten sterkste ontken en sê hy dra geen kennis van die lorrie op die foto nie.

Toe die foto’s aan hom gewys is, was sy reaksie: “Wat sê ‘n foto? Kan jy die tyd en die plek identifiseer?”

Op ‘n vraag of hy die nodige permitte het om hout te kap en te vervoer, het hy geantwoord: “Jou vraag is kinderagtig. Dink jy daar sal geen permit wees om hout te kap nie? En jy het nie die reg om te vra nie.”

Op die vraag oor die geel lorrie, het hy geantwoord: “Ek weet nie. My lorries is almal nuut!”

Hy het later gesê die foto’s het niks met hom te doen nie en bygevoeg: “Ek neem nie standpunt in nie. As jy dink dit is onwettig, kan jy dit by die bosboudepartement aanmeld.”

Hy het ten slotte gesê hy “is tans met ander sake doenig”, want “die verskeping van hout is vir ‘n baie lang tyd opgeskort”.

‘SAL AFREKEN’

Die uitvoerende direkteur van die ministerie van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika, het gesê die ministerie het geen berigte van dié “onwettige voorval” ontvang nie.

Hy het ook gesê sy ministerie het sedert 31 Maart geen permitte vir die vervoer van hout uitgereik nie.

“Wanneer ons iemand teëkom wat hout vervoer, sal dienooreenkomstig opgetree word. Enigiemand wat met gesaagde bome in sy besit betrap word, sal direk by ons kantore in die streke of hier by hoofkantoor gerapporteer word,” het Misika gesê.

Op ‘n vraag oor hoekom bosbou-inspekteurs nie gestuur word om bewerings op voetsoolvlak te gaan ondersoek nie, het Misika gesê hy ry wel “van tyd tot tyd” in die gebied om ondersoek in te stel.

“Maar dit is nie maklik om oral te wees nie.

Hy het die versekering gegee sy ministerie se inspekteurs doen gereelde inspeksies en stel die wetstoepassingsagente in kennis om alle houtvervoere te stop.

PROTESOPTOG

Die Namibiese Omgewings- en Wildlewevereniging (News) het ‘n beroep op alle besorgde landsburgers gedoen om Saterdag om 09:00 aan ‘n optog teen die onwettige oes van hout van Zoopark in Windhoek af deel te neem.

News sê die optog is gereël om protes oor die vernieting van Namibië se bosbougebiede vanweë vermeende omwettige houtkappery in die Kavango- en Zambezistreek aan te teken.

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

7 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

7 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

7 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

7 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

7 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...