Boete van N$100 000 vir ivoorsmokkelaar
'n Mosambiekse ivoorsmokkelaar, Bangorogile Motsokwe, is verlede Woensdag tot 'n boete van N$100 000 of tronkstraf van vier jaar gevonnis.
Hy is skuldig bevind aan die smokkel van vier olifanttande. Motsokwe is op 28 Oktober op Divundu in hegtenis geneem.
Intussen is mnr. Alfred Simasiku verlede Dinsdag op Mukwe glo met vier olifanttande in sy besit vasgetrek.
Op Tsumeb is twee Namibiërs, mnre. Raymond Shihepo en Augustinus Sikukutu, op 1 Desember glo met twee lewende ietermagôs in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is dié twee sake die enigstes wat verlede week aanhangig gemaak is.
Die vier olifanttande en twee lewende ietermagôs is gekonfiskeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie