Boere steier onder misdaad

Skokstatistiek uit landbougeledere wys die afgelope drie maande was moontlik die bloedigste op rekord as dit by die steel van vee, wild en infrastruktuur op plase kom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Sedert die begin van die jaar het boere in die Kalkfeld-, Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing ’n gesamentlike verlies van meer as N$3,35 miljoen aan die diefstal van vee, wild en infrastruktuur gely.

Die afgelope drie maande was die bloedigste en diewe het hier eiendom ter waarde van bykans N$1,1 miljoen weggedra.

Sedert die begin van die jaar tot November, is in die Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing verliese van meer as N$1,65 miljoen weens diefstal by die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) aangemeld.

Die forum, wat noukeurig sedert sy ontstaan verlede jaar hiervan boekhou, se data toon dat dit ’n verlies van N$702 750 aan klein- en grootvee insluit, N$691 260 aan wild asook N$258 000 aan infrastruktuur, soos byvoorbeeld dompel- of sonpompe.

Mnr. Jürgen Matthaei, voorsitter van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF), sê boere wat in die omtrek van informele nedersettings woon, word die ergste getref.

Hierdie syfers verteenwoordig net die gevalle wat by hulle aangemeld is, sê hy. Hy vermoed sowat 70% van diefstalle en stropery word wel by hulle aangemeld, terwyl daar na raming sowat 30% is wat nie aangemeld word nie.

KALKFELD

Boere in die Kalkfeld-omgewing het vanjaar ook meer as N$1,7 miljoen aan diefstal verloor, terwyl diewe ’n enkele landbouer skade van N$656 000 berokken het toe daar by hom meer as 100 beeste gesteel is, waaronder ’n Simbra-bul.

“Stappe word gedoen om die saak met behulp van georganiseerde landbou op die hoogste vlak aan te roer,” het mnr. Günther Kahl, ondervoorsitter van die Kalkfeld-boerevereniging, gister aan Republikein bevestig.

Hy meen die byhou van statistiek is die enigste manier om ’n sterk saak voor te lê en dat meer drastiese stappe teen wild- en veediewe geneem sal moet word om die probleem hok te slaan.

Die Kalkfeld-boerevereniging hou sedert 2013 noukeurig boek van vee-, wild- en infrastruktuurdiefstal in hul omgewing. Volgens hul boeke is verliese van altesaam N$6,4 miljoen oor die afgelope sewe jaar gely en is altesaam 582 stuks vee, ter waarde van bykans N$4,8 miljoen, oor die tydperk gesteel. Ook sowat 284 stuks wild is geslag.

GEORGANISEERD

Intussen is boere “redelik moedeloos” met die stand van sake en oorweeg sommige om handdoek met hul boerderye in te gooi.

Mnr. Tinus Cocklin, wie se plaas aan Witvlei grens en wat self die afgelope jaar reeds 17 bees en 14 skape verloor het, sê hulle ervaar ’n erge toename in misdaad sedert Maart, toe die inperkingstyd begin het en talle mense werkloos gelaat is.

Tydens Republikein se oproep gister was die gemeenskap juis besig met ’n ondersoek nadat in die vorige 48 uur minstens drie beeste by Witvlei gesteel is. Dit volg nadat laas Saterdagnag ook van Cocklin se skape uit ’n kraal by sy huis gesteel is.

“Die stelery is verseker georganiseerd,” het hy gesê. “Jy kom dadelik agter as iemand vir die pot geslag het. So ’n persoon maak dikwels ’n klein vuurtjie en het dalk ’n stukkie lewer gebraai. Hulle is gewoonlik meer morsig en dit is ’n een- of twee-man-oefening.

“Dinge het egter heeltemal oor die laaste maande verander. Die verdagtes is georganiseerd, hulle slag skoon en op ’n seil, vleis word ingedra en is binne 24 uur weg uit Witvlei,” het Cocklik gesê.

Hy sê in die Witvlei-omgewing is sowat elf reserviste wat baie van die speurwerk self doen.

“As ons inligting kry en ’n plek skut, is die vleis meestal nie meer daar nie. Daar is mense wat ’n vet klomp geld uit ander se verliese maak,” het hy gesê.

GEWOONTEMISDADIGERS

Cocklin sê dit is die norm om dieselfde verdagtes herhalend te vang.

“Die meeste van hulle wat in die gebied werksaam is, het reeds vyf of ses klagte teen hulle, maar hulle kom net elke keer weer op borgtog uit,” het hy gesê.

Hy sê deel van die probleem is dat die plaaslike polisiestasie nie die mannekrag het om al die misdaad op te volg nie, buiten daarvoor dat dit ook net oor een voertuig beskik.

“Sou ons iemand vang en hom tot by die hof kry, is dit dikwels die regstelsel wat ons in die steek laat.”

Hy het vertel dat hulle vroeër vanjaar vermeende skaapdiewe gevang het, maar dat die hofsaak misluk het omdat die regter gemeen het die bewyse teen die verdagte is te min. Hy voeg by daar is sake wat vir jare sloer, want gedurig is getuies soek of dit word om ander redes uitgestel.

“Die probleem raak ál erger omdat die oortreders weet hulle sal nie werklik iets oorkom as hulle gevang word nie.”

Cocklin sê buiten vir verskeie boere in die omgewing, is hy self bykans op die punt om sy boerery op te gee. “Ná die droogte van verlede jaar, ervaar ons almal erge geldelike druk,” het hy bygevoeg.

VERGADERING MET SCHLETTWEIN

Tydens ’n vergadering tussen die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, en boere uit die Omitara-omgewing op 18 November, het mnr. Lucas Maree, wat naby Hochfeld boer, die saak onder die minister se aandag gebring.

Hy het vertel daar is in een nag sowat 100 stuks kleinvee op sy plaas geslag, insluitend 34 wat aan een van sy plaaswerkers behoort het wat daardie nag alles verloor het.

Maree sê in gesprekke met private teenstropingseenhede, het dit geblyk dat gebrekkige administratiewe werk deur polisiebeamptes dikwels beteken dat verdagtes se hofsake uitgegooi word.

“Telkemale word hulle gevang, maar is ná ’n paar dae weer vry en gaan net voort met die slagting,” het hy gesê. Hy meen ook daar moet swaarder strawwe vir vee- en wilddiewe opgelê word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.63/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.58/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 984.30/OZ UP +1.04% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.63/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.58/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 984.30/OZ UP +1.04%