Boere se hulp gevra teen Kongokoors

28 February 2017 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - Tot nou toon die vier pasiënte en vyf gesondheidspersoneel wat in isolasie op Gobabis en in Windhoek gemonitor word, geen tekens van Kongokoors nie. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste sal die nege in isolasie gehou en gemonitor word totdat daar “absoluut geen twyfel oor hul gesondheidstatus is nie”.

Dr. Bernard Haufiku het gister op 'n mediakonferensie gesê plaas­like kenners in epidemiologie sowel as kenners afkomstig die van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), is in die Omahekestreek ontplooi. Dit volg ná die dood van 'n 26-jarige man van Gobabis aan Kongokoors nadat hy 'n bosluisbyt opgedoen het op die plaas waar hy gewerk het.

'n Persoon na aan die oorledene wat simptome van geelsug, kopseer en hoes getoon het, is eers in isolasie in die staatshospitaal op Gobabis gemonitor. Dié persoon is Vrydag saam met nog drie kontakgevalle per ambulans na die sentrale hospitaal in Windhoek vervoer waar hulle in 'n isolasiesaal gemonitor word. Algemene bloedtoetse is uitgevoer en 'n register word gehou van dié pasiënte se temperatuurmetings.

Volgens Haufiku word die uitslae van bloedtoetse van die vier kontakgevalle voor Vrydag verwag.

'n Span van twee dokters en vier verpleegsters van die Katutura-hospitaal is ook Vrydag na die hospitaal op Gobabis gestuur om werksdruk op personeel te verlig. 'n Dokter en vier verpleegsters verbonde aan die hospitaal word tans saam met die vier ander kontakgevalle in isolasie in die sentrale hospitaal gehou. Bykomende voertuie en beskermingspakke en -toerusting is ook aan mediese

personeel op Gobabis beskikbaar gestel.

Volgens Haufiku is alle belanghebbendes oor die verwikkelinge en protokol ingelig, wat die ministerie van landbou, water en bosbou insluit. Dié ministerie word verteenwoordig deur die streeksveearts wat ten nouste met die gesondheidspan werk.

“Die spanne op die grond hou die ministeriële leierskap twee keer per dag op die hoogte van sake.”

Haufiku het voorts gesê inwoners op plase in die omgewing en waar die oorledene gebyt is, word intensief gemonitor.

Openbare gesondheidsopleiding vir die algemene publiek oor Kongokoors gaan ook verhoog word, met boodskappe in dié verband wat in alle plaaslike tale deur radiostasies uitgesaai sal word.

Gesondheidswerkers in gemeen­skappe, verpleegsters en ander gesondheidspersoneel het ook Maandag 'n opskerpingskursus oor vroeë opsporing en ingryping ontvang. Om 'n gekoördineerde reaksie en langtermyn-strategie saam te stel, is 'n hoë­vlakvergadering ook gehou waarby rolspelers soos streeksraadslede, veeartsenydienste en private dokters betrek is.

“Verskeie groepe op Whatsapp is ook gebruik om inligting wyd uit te stuur. Dit sluit die kantoor van die eerste minister se risikobestuursforum in.”

Haufiku het 'n beroep op boere gedoen om te verseker dat hulle by die ministerie van landbou se riglyne vir die dip van hul diere hou. Die virus word hoofsaaklik van die bosluise op vee, na mense oorgedra.

Soortgelyk

 

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

1 uur gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

2 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

2 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

6 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

16 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

16 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

16 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

16 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...