Boer skiet glo 'mieliedief'

Borgtog van N$2 000

26 February 2020 | Misdaad
Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende mieliedief gewond het.

Mnr. Cobus Coetzee (43) is op borgtog van N$2 000 vrygelaat en sy saak is vir verdere polisieondersoek tot 15 April uitgestel.

Dit volg na 'n 40-jarige plaaswerker van die plaas Bombai Vrydag omstreeks 23:00 in sy linkerbeen geskiet is terwyl hy glo mielies in die mielieland gesteel het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is Coetzee in hegtenis geneem en beslag is op sy geweer gelê.

Die plaaswerker is volgens die polisie in 'n stabiele toestand in die Tsumeb-staatshospitaal.

Dié voorval volg na 'n onlangse treurspel in die Suide toe 'n boer en sy werkers vier vermeende skaapdiewe betrap en een doodgeskiet is.

Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het glo tot die skietdood van ’n vermeende skaapdief, mnr. Nangundu Nyangana (28), op 10 Februarie gelei.

Mnr. Conrad Nolte (59), eienaar van Quivertree Forest-ruskamp buite Keetmanshoop, het die volgende dag saam met sy werkers, mnre. Jan Steenkamp (51), Jimmy Rukamba (27) en Alex Kooper (24), op ’n klag van moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer, verskyn.

Een van die vermeende skaapdiewe, mnr. Raymond Neube (46), het terselfdertyd op veediefstalklagte verskyn, terwyl een van sy vriende in 'n Windhoekse staatshospitaal ná beweerde aanranding aangesterk het.

Steenkamp, Rukamba en Kooper is op borgtog van N$1 000 elk vrygelaat. Nolte is op 13 Februarie op borgtog van N$10 000 vrygelaat nadat hy aangevoer het hy het uit selfverdediging opgetree. Die saak is tot 26 Maart uitgestel.

KNOPKIERIE

'n Klag van poging tot moord is ook aanhangig gemaak toe 'n 34-jarige man ernstige beserings opgedoen het toe hy glo verskeie kere met 'n knopkierie oor die kop geslaan is.

Die voorval het Saterdag omstreeks 09:00 in die Uutsathima-nedersetting naby Okahao in die Omusatistreek plaasgevind.

'n Angolese man (49) is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Die slagoffer is in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem en is in 'n stabiele toestand.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

4 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

4 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

5 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

6 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

16 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

16 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

16 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...