Bobby Sissing kry staatsbegrafnis

Sokker

22 July 2021 | Sport
Boet Matthews – Khomasdal se geliefde seun Walter Bobby Sissing was nie net in Khomasdal bekend nie, maar het landwyd as politikus, sokkerfiguur en mense-mens harte gewen.

Uit Staatshuis is die familie eergister ingelig dat “Uncle Bob” se begrafnis komende Maandag by die Pionierspark-begraafplaas “amptelike” status sal geniet.

'n Deurrit by Ramblers-sportveld in Pionierspark word komende Saterdag gehou (15:00–17:00) waar familie, vriende en kennisse hul inskrywings in 'n boek van meegevoel kan maak, of blomme bring of enigiets wat hulle wil bydra. Sondag vanaf 11:00 word 'n gedenkdiens by die parlementstuin gehou.

Sy begrafnis wat aanvanklik vir laas naweek beplan was, is onder meer uitgestel om te verseker dat een van sy dogters, Cynthia El-Kallawi, wat in Egipte woon, teenwoordig kan wees.

Sy doodstyding op 79 jaar aan kanker het baie harte seergemaak en baie trane het gerol. Hy was enig in sy soort en het waarlik omgegee vir sy medemens. Sokkerspelers landwyd kan getuig wat Bobby Sissing vir hulle gedoen en beteken het.

Sissing was by verskeie sokkerspanne betrokke soos Phantoms, Maritz, Atlanta Chiefs, Swansea, African Stars, Arsenal, Liverpool en Young Ones.

Terselfdertyd in die agtergrond het sy vrou Anna ook stil-stil netbal aan die gang gesit met spanne soos Maritz Phantoms en Hibernians.

Sy jongste seun Wasim met twee van sy vriende, Elton Job en Airofaan van Wyk, het die Namibiese sosiale sokkerliga op die been gebring en geadministreer. Wasim het sy eie span Amigos sokkerklub gestig met van sy vriende en gewese spanmaats met wie hy by Kingston United, Civics jeugspan en Young Ones gespeel het.

Wasim het aan Republikein gesê: “My pa het baie dinge vir ons reggekry by die Khomasdal sportgrond. Sommige dae het dit gelyk asof ons nie die veld mag gebruik nie, dan het net een oproep van my pa gesorg dat ons toegelaat word om die bal rond te skop.

“Tans is ons Khomasdal-liga weens Covid stopgesit, maar ek belowe dat die liga voortgesit sal word sodra alles tot normaal terugkeer. Dis 'n belofte wat ek aan my pa gemaak het terwyl hy op sy siekbed was.”

Die uitvoerende komitee waarvan Wasim die voorsitter is, het belowe dat sodra die sokker hervat, sal hulle ook die Bobby Sissing Bekertoernooi op die been bring.

David Fransman, oudspeler van Young Ones en Ramblers wat later vir Young Ones afgerig het, het aan die koerant gesê: “Toe ek nog op hoërskool was, het ons na Khomasdal sokkerveld wat nog in grondveld was gegaan en as kind met die grote Bobby Sissing kennis gemaak. Hy was altyd op daardie veld om sy liefde vir sokker uit te leef en aan ander oor te dra, veral aan ons jong generasie van daai tyd.

“Later toe hy sy sokkerskoene ophang, het dit nie daar geëindig nie; dit was eintlik net die begin van 'n nuwe sokkergenerasie, veral in die Khomasdal gemeenskap. Daaruit het ontstaan Arsenal, vernoem na die span wat hy in die Engelse Premierliga ondersteun. So het Bobby sokker bevorder en ook die Khomasdal-sokker­federasie gestig.

“Daar is so baie om van Bobby Sissing te vertel. Hy het vir baie spelers van alle rasse die pad oopgemaak om selfs in Suid-Afrika te gaan speel.

“Vir talle was dit 'n belewenis, want dit was hul eerste keer in Kaapstad. Of ons dit wil erken of nie, Bobby Sissing was 'n legende op sy eie. Mag sy siel in vrede rus en ons sal hom vir altyd onthou as 'n legende.”

Die uittredende ombudsman, adv. John Walters, sê Sissing is 'n verdienstelike aanwysing vir 'n staatsbegrafnis.

“Hoeveel sportmense wat vandag groot mense is, is onder sy hande deur? Ek onthou toe ek nog in die 1980's rugby gespeel het en voordat Western Suburbs sy eie terrein bekom het, moes ons soms by Uncle Bob smeek om die Khomasdal-veld te mag gebruik. Dan het hy eers beswaar gemaak oor die rugbyspanne wat sy veld so vertrap, maar uiteindelik het hy wel ingestem.

“Ons almal moes jare gelede al sterker voorbrand gemaak het dat die Khomasdal-stadion amptelik na Bobby Sissing vernoem word. Dié erkenning sal sy nalatenskap vereer.”

[email protected] republikein.com.na

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

3 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

3 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

3 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

3 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

3 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

3 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

3 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

3 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

9 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...