Bloubessie-kaaskoekies
Bloubessie-kaaskoekies

Bloubessie-kaaskoekies

Bestanddele

Kors

· 1 k pekanneute

· ½ k dadels

· Opsioneel: sout en kaneel na smaak

Vulsel:

· 1 k kasjoeneute, oornag geweek

· 2 e klapperolie, gesmelt

· Heuning na smaak

· ½ k bloubessies

· ½ k klappermelk

· Opsioneel: sap en fyn skil van ’n lemmetjie

Metode

Kors:

1. Verwerk die bestanddele saam en druk dit vas in ’n gesmeerde tertpan.

2. Verkoel totdat benodig.

Vulsel:

1. Verwerk alles saam tot baie glad en giet oor die tertkors.

2. Sit dit twee uur in die vrieskas om te stol. – Caro Alberts/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer