Bloedbad op plase

Vee- en wildstropers se wrredheid het nie perke nie, terwyl landbouers moedeloos is en meen wetstoepassing en die regstelsel is ontoereikend.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Honde wat skape tydens strooptogte verskeur, lewende beeste waarvan die hakskene afgekap is en of wat in draadstrukke wurg, asook wild wat met assegaaie gesteek word en lydsaam vrek – dit is aan die orde van die dag op Namibiese plase.

Selfs dragtige diere word nie deur stropers en diewe gespaar nie, terwyl landbouers net magteloos moet toekyk.

Meer as 90 mense oraloor die land het Republikein die afgelope twee weke gekontak nadat vrae as deel van ‘n informele opname in die sosiale media oor vee- en wilddiefstal gestel is. Hulle sê die situasie ruk handuit en is besig om baie boere "finaal finansieel uit te roei".

Terselfdertyd is talle boere van mening dat wetstoepassers en die regstelsel of nie in staat is nie, of nie gewillig is om enige einde hieraan te bring nie. Strawwe is te lig, sê hulle, sake word nie afgehandel nie of uitgegooi weens swak polisiewerk, of die polisie neem dae om op te daag as 'n misdaad van dié aard aangemeld word.

STATISTIEK

Die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) is een van min sulke forums wat alle diefstalle en stropings in hul gebied noukeurig opteken - die Kalkfeld-, Omitara-, Witvlei- en Steinhausen-omgewing. Volgens inligting wat deur hul voorsitter, mnr. Jürgen Matthaei, aan Republikein verskaf is, is veral beeste en wild die afgelope maande gestroop.

Die waarde van die gesteelde beeste het tydens die eerste tien maande van die jaar in die Nossob-gebied meer as N$1,3 miljoen beloop, terwyl die waarde van die kleinvee N$134 100 beloop en van wild N$299 250. Ander items ter waarde van N$160 000 is ook gesteel.

Dit blyk dat talle ander boerderygebiede in die land onder die tipe misdaad deurloop, met gebiede soos onder meer Omaruru, Otjiwarongo, Grootfontein, Kombat, Keetmanshoop en Mariental waar dit ook hoogty vier.

HERHAALDE OORTREDERS

Uit Stampriet se omgewing laat weet mnr. Hannes Meyer dat hulle enorme probleme op die plaas Bernavy ervaar. In die afgelope drie jaar is daar meer as 200 skape by hulle gesteel of deur vreemde honde doodgebyt. Daar is by geleentheid 98 skape op een slag doodgebyt.

Meyer sê agt sake is geopen en baie hiervan teen een spesifieke verdagte, wat vantevore vir soortgelyke oortredings in die tronk was. Sake teen dié verdagte en sy meelopers "kom nêrens", sê hy, aangesien dossiere en getuies “verdwyn”.

“Hulle werk geweldig onmenslik met die diere. Dit wat nie deur die honde verskeur word en net so gelaat word om te vrek en te vrot nie, se ore word teen die kop afgesny of hulle word met draad vasgemaak. Hulle laai op wat hulle kan en die ander brand in die son dood as ons hulle nie vinnig genoeg gevind word nie," vertel Meyer.

“Diere wat te erg deur die honde verskeur word, word gelos, want hy kan dit nie verkoop nie,” vertel Meyer.

Uit Omaruru se omgewing laat weet me. Alina Vogel van die plaas Gross Okandjou 2020 en die afgelope jaar was baie erg wat die stropery van gemsbokke met die behulp van honde en assegaaie betref.

Sy sê dit het 'n punt bereik waar gemsnbokgetalle min raak en die diere hardloop weg as hulle mense sien. “Hulle word wreed gejag en stadig, met assegaaie, doodgemaak. Dit maak nie vir die stropers saak of dit ‘n dragtige koei is of nie,” vertel sy.

HAKSKENE AFGEKAP

Die afgelope Donderdag is vyf verdagtes naby Grootfontein betrap toe hulle ‘n koei op die plaas Okamutombe van mnr. Mecki Schneider geslag het. ‘n Week vóór dit, is nog ‘n koei by hulle geslag.

mnr. Hagen Eggert, wat ook naby Grootfontein boer, sê in hul omgewing raak die “situasie nou erg”. In die afgelope weke is twee sonpompe by hom gesteel en hy het een van sy Brahman-stoetverse lewendig, maar met afgekapte hakskene gevind – iets wat veediewe dikwels doen sodat beeste nie kan wegkom nie.

Hy meen die koei is so gelos omdat die kwaaddoeners gesteur is. Eggert moes haar van kant maak.

Hy huur die dienste van ‘n sekuriteitsfirma, wat reeds talle slagplekke gekry waar sy koedoes, hartebeeste en gemsbokke gevang en geslag is.

Al hierdie diewe kom volgens hom van ‘n nabygeleë hervestigingsplaas. Hy sê benewens die geldelike verliese, moet hy nou ook vir sekuriteitsdienste betaal.

Nog ‘n boer in die omgewing het op een van sy stoetverse afgekom waar sy al vier dae in ‘n draadstrik vasgevang was en ‘n ander boer, mnr. Nick Nell, sê hy het binne die afgelope 90 dae sowat 100 skape aan diefstal verloor. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%