Binnegevegte op Rehoboth pootjie dorpsraad
Binnegevegte op Rehoboth pootjie dorpsraad

Binnegevegte op Rehoboth pootjie dorpsraad

Mnr. Willie Swartz, waarnemende uitvoerende hoof van Rehoboth, is volgens die UPM glo onwettig terug in sy pos by die dorpsraad.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die bestuur van Rehoboth se dorpsraad is raadop ná gisteroggend se raadsvergadering op die nippertjie afgestel is.

Volgens mnr. Lennie Pienaar, raadslid van die United People's Movement, was die openbare galery volgepak nadat die gemeenskap verlede week besluit het om vergaderings by te woon om beter ingelig te wees.

Hulle was volgens hom woedend aangesien hul strewe tot groter deursigtigheid van raadsake misluk het.

Pienaar sê die vergadering is deur me. Eve Maasdorp, adjunkburgemeester, afgestel. Oproepe na Maasdorp is gister nie beantwoord nie. So ook oproepe aan mnr. Willie Swartz, menslike hulpbronnebestuurder, wat verlede week as waarnemende uitvoerende hoof aangestel is terwyl mnr. Christoph /Uirab met verlof is.

Swartz word daarvan beskuldig dat hy na bewering N$13 miljoen van die dorp se geld in sy eie bankrekening inbetaal het. Weens dié aanklag is /Uirab vir een dag geskors, maar die volgende dag is hy deur die meerderheid Swapo-raadslede weer in sy pos herstel.

Pienaar het verlede week aan Republikein gesê 'n regsmening deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, se kantoor het aangedui Swartz mag volgens wet nie meer in diens van die raad wees nie.

Gister se raadsvergadering sou een van die eerstes wees waartydens Swapo-raadslede nie in die meerderheid sou wees nie.

Voor die UPM-raadslede enige vordering kon maak, is die vergadering egter afgestel.

Me. Thelma Kunze, UPM-woordvoerder, het gistermiddag in 'n verklaring gesê die redes vir die afstel van die vergadering is nie geldig nie.

Die UPM voer aan "Swartz regeer Swapo" op die dorp.

Kunze stem met Pienaar saam dat die minister haar voete sleep wat Rehoboth se probleme betref.

“Verskeie verslae het onreëlmatighede en wanbestuur by die Rehoboth-dorpsraad getoon, maar geen stappe word gedoen nie terwyl optrede beplan word vir dorpe soos Katima Mulilo en Okahandja. Rehoboth en Omaruru se dorpsrade is in die verlede ontbind, aangesien Artikel 96 van die Wet op Plaaslike Owerheid die minister magtig om dit te doen.

"Die UPM is van mening dat die minister bang is om op te tree, aangesien sy koppe mag stamp met nasionale Swapo-leiers wat aan die Hardapstreek toegewys is. Swapo-raadslede kan Rehoboth dus vrylik vernietig met Swapo se seënwense,” voer Kunze in die verklaring aan.

Volgens haar het die minister tydens die vorige parlementsitting dit duidelik gemaak dat Swartz nie meer 'n werknemer van die dorpsraad mag wees nie.

Hy bly egter op kantoor en ontvang 'n salaris. Pogings van mnr. Jan van Wyk, UPM-parlementslid, om die ministerie dringend te laat optree, het misluk.

Die minister het Vrydagoggend tydens 'n telefoongesprek met Van Wyk aangedui dat sy dringende aandag sal gee aan die feit dat Swartz ondanks haar instruksies aanbly, sê Kunze.

Mnr. Lameck Uyepa, direkteur van streeks- en plaaslike regering en van die koördinering van tradisionele owerhede in die ministerie, het gister by navraag gesê navrae oor Swartz se posisie by die dorpsraad moet aan dié raad as sy werkgewer gerig word, en nie aan die ministerie nie.

"Die ministerie is nie Swartz se werkgewer nie en kan daarom nie op navrae oor sy status as werknemer en ander verwante sake kommentaar lewer nie," het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044