Bierreus belê fluks in SA landbou
AB InBev het R200 miljoen vir die ontwikkeling van klein ondernemings bewillig.
Elvira Wood - Die bierreus Anheuser-Busch InBev (AB InBev) het reeds meer as R209 miljoen in Suid-Afrika belê sedert hy SABMiller in 2016 oorgeneem het.
Die maatskappy het, as deel van die vereistes wat die Mededingingskommissie vir die oorname gestel het, onderneem om binne vyf jaar ná die oorname R1 miljard in die land te belê. Sien grafika onder.
Ricardo Tadeu, hoof van AB InBev in Afrika, het Maandag ten tyde van die bekendstelling van die vorderingsverslag hieroor gesê hy was aanvanklik bekommerd dat dié vereiste druk op die maatskappy gaan plaas.
“Maar ek besef nou hoewel dit ’n groot onderneming is, jou onderneming nie gesond kan bly as jy nie ’n gesonde gemeenskap het nie.”
Die bekendstelling is by die Lukhanyo High School in Randfontein gehou.
AB InBev het hier ’n nuwe multisportbaan gebou waarop basketbal, netbal en sokker gespeel kan word.
Landbou
Die grootste deel van die R1 miljard, sowat R610 miljoen, gaan in landbouprojekte belê word wat bierproduksie sal bevoordeel. In 2017 is reeds R117 miljoen in landbouprojekte belê. Tot dusver het die Wes-Kaap die meeste voordeel uit dié beleggings geput met R82 miljoen wat daar belê is.
“Ons beskou landbou as die gebied met die grootste potensiaal vir ekonomiese herlewing,” sê Tadeu.
Oor die volgende vyf jaar wil AB InBev onder meer die volgende in die landbousektor bereik:
800 ontluikende boere help om die sektor te betree; 200 kommersiële boere help om die sektor te betree; jaarlikse garsproduksie tot 475 000 ton laat toeneem; 2 600 poste skep; en Suid-Afrika help om ’n uitvoerder van 10 ton hop en 65 000 ton mout per jaar te word.
Ondernemings
AB InBev het R200 miljoen vir die ontwikkeling van klein ondernemings bewillig en reeds R67 miljoen hiervan bestee. Gauteng het verreweg die meeste by dié beleggings baat gevind met R59 miljoen wat in 2017 in Gauteng belê is.
Gemeenskappe
Die maatskappy gaan oor die volgende vyf jaar R190 miljoen in gemeenskapsprojekte belê. Hy het R25 miljoen hiervan in 2017 bestee. Die Wes-Kaap het die meeste hierby baat gevind met ’n belegging van R8 miljoen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie