Bie op renostersokkies en wen bier

02 October 2019 | Gebeure
Francoise Steynberg - ’n Windhoeker was verlede week gelukkig genoeg om ’n hele kis bier te wen – en dit boonop vir ’n goeie doel.

Mnr. Stefan Schoeman (24) was laas week se hoogste bieër in die opwindende aanlyn veiling van twee pare renostersokkies en het daarmee ’n kis Windhoek Lager-bier gewen.

Hy het N$950 op die renostersokkies ten bate van die Save the Rhino Trust (SRT) Namibia gebie.

Schoeman is versot op botthms funky socks, die voormalige Namibiese rugbykaptein, Renaldo Bothma, se handelsmerk.

Die sokkies, ter waarde van N$700, is stylvol en hoogmode.

Schoeman se suster, me. Xandri Schoeman, het die sokkies en bier namens hom by Namibia Media Holdings (NMH) ontvang.

Behati Prinsloo, Namibië se eie internasionale supermodel en ambassadeur vir SRT Namibia, spog ook met so ’n paar renostersokkies. Boonop pryk sy vandeesweek in Times Square in New York op ’n reusereklamebord met Save the Rhino Trust Namibia se logo daarby.

Twee pare botthms-sokkies met renosters en bierbekers op word weekliks tot 31 Oktober teen ‘n reserweprys van N$299 opgeveil.

Die veiling begin elke Vrydag om 05:00 en sluit Donderdae om 12:00.



Gaan bie gerus op die aanlyn veiling by https://auction.my.na/save_the_rhino/14429 en onthou ‘n gratis kis Windhoek Lager-bier word met elke suksesvolle bod gewen.

Skenkings ten bate van renosterbewaring kan ook gemaak word en ‘n renostermeter sal aandui hoe die inkomste groei.

Vandag is minder as 5 000 swartrenosters in die wildernis oor.

Dié bedreigde spesie in Afrika word voortdurend deur renosterstropers afgemaai. As renosterstropery teen die huidige tempo voortduur, sal dié ikoniese diere oor 10 jaar heeltemal uitgewis wees.

Die SRT beskerm die laaste vrylopende bevolking swartrenosters ter wêreld in die noordweste van Namibië.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

28th of May 09:20 | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...