Bibberweer staan tru vir lente
Terwyl Namibiërs die afgelope naweek in veral die suidelike en sentrale dele behoorlik gebibber het, lyk dit vir die lente oplaas hier is. Mnr. Odillo Kgobetsi, hoofweervoorspeller by die weerkantoor in Windhoek, sê temperature in die verre Noorde sal van vandag af tot die middel dertigs styg, terwyl die sentrale en suidelike dele dagtemperature van so hoog as 29°C kan verwag. Wolkontwikkeling word ook teen die einde van die week oor die land verwag. Dié foto is Sondagoggend deur Hybrie Hayes op die plaas Kariam in die Khomas Hochland geneem waar die temperatuur -5 grade Celsius was. Linn Lambert (7) was baie verbaas toe sy in die diere se krip op groot stukke ys afgekom het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie