Beweerde staking op Windhoek-Okahandja-pad
Die Padowerheid (RA) erken sy wanbetaling, maar ontken 'n werkstaking.
Catherine Sasman - Onduidelikheid bestaan oor of verbouings in die tweede fase (seksie 4A) van die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja opgeskort is.
Volgens bronne op voetsoolvlak het alle subkontrakteurs wat aan die N$1,085 miljard-projek werk alle aktiwiteite sedert 17:00 Vrydag 13 Januarie gestaak. Dit na bewering weens die Padowerheid (RA) se wanbetaling.
Sommige van die sowat agt subkontrakteurs, wat uit vrees vir vervolging verkies om anoniem te bly, het op 16 Januarie bevestig dat hulle nie met hul werk voortgegaan het nie.
Met 'n vinnige besoek aan die werkperseel is werkers ledig gevind.
Van die kontrakteurs het glo reeds op Maandag 9 Januarie begin werk, maar volgens gerugte is 'n dringende vergadering op Vrydag 13 Januarie gehou waar besluit is dat werk opgeskort sou word totdat die RA die kontrakteurs ten volle betaal het.
Volgens die gerugte kan die staking tot in Maart voortduur.
RA REAGEER
Die hoof- uitvoerende beampte van die RA, mnr. Conrad Lutombi, het gerugte van 'n staking ontken.
Lutombi, wat tot eergister nog op vakansie was, het gesê hy het die kontrakteurs gebel, en hulle het hom verseker die verbouings gaan voort.
Lutombi het gesê alle kontrakteurs is volgens hul kontrakte in November en Desember verlede jaar betaal, maar het bevestig dat daar uitstaande betalings vir Januarie is. Hy het gesê dit sal so vinnig moontlik betaal word.
Hy het ook erken dat kontrakteurs op 12 Januarie die RA in kennis gestel het van laat betalings, maar het bygevoeg dat hulle nie kan staak nie omdat hulle volgens kontrak verplig is om 21 dae kennis te gee voor dit kan gebeur.
Mismoedige kontrakteurs het gekla hulle kry swaar wanneer betalings laat is, omdat dit steeds van hulle verwag word om salarisse en verskaffers betyds te betaal.
Van hulle het gesê hulle sal in die toekoms aandring op waarborge van die regering alvorens hulle kontrakte beklink.
“Die Padowerheid moet oop en eerlik met ons wees, want kontrakteurs moet voorsiening maak hiervoor. Die werk is opgeskort omdat niemand ons iets gesê het nie. Ons sou nie gestaak het as ons iemand kon kry waarop ons kan staatmaak om te sê wat aangaan nie,” het een kontrakteur gesê.
'n Ander het gesê: “Hoe kan die ekonomie groei as klein firmas met wanbetaling doodgemaak word? Die situasie raak net erger. Dit raak nou net te veel.”
Lutombi het gerugte oor 'n tekort aan finansiering vir die projek ontken, en het beklemtoon dat dit gesamentlik deur die Duitse bank KfW en die regering gefinansier word.
Die RA het verlede November ook benadruk dat werk op die pad goed vorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie