Beweerde 'plakkers' skryf terug
LAWRENCE KAZONDJANDJA SKRYF:
Vir die leser watop 17 Februarie 2017 ‘n foto aan Republikein gestuur het wat in die uitgawe van Maandag 20 Februarie 2017 op die Praat saam-bladsye onder die opskrif "Mag dié mense hier bly" gepubliseer is: Ek is een van die mense en ‘n leier volgens die beeld van die Almagtige Vader.
Hierdie leser is besig om ons karakter te skend met die opmerkings wat hy/sy gemaak het. Hy/sy beskuldig vir ons vals dat ons water kom vra in Cimbebasia, en indien ons dit nie kry nie, steel ons glo, en ons raak ‘n las vir hulle in Cimbebasia.
Dis mos valse beskuldigings, want ons ken hoe kry ons water, maar nie op die manier waarop hy/sy sê of noem nie.
En dat ons onwettig plak of bly? Nou wat is onwettig as die Almagtige Vader verklaar het in die boek van Genesis 1 vers 26 dat ons oor die aarde moet heers? Hierdie woorde verklaar my plig en doel op die aarde.
Volgens die Grondwet is ons geregtig om the bly waar ons wil en ook volgens die man wat ons gemaak het.
So, enige leier of wie ook al wat voel ons is onwettig hierso, is geregtig om vir ons te slaan, dood te maak of te kruisig, maar ons sal nie wees wat julle wil hê ons moet wees nie. Ons is wat ons is in wat God gesê het en so sal dit wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie