Bewaringsorganisasie kry 11 bakkies
Die nieregeringsorganisasie Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC) vir gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuurprogramme (CBNRM), het 11 nuwe bakkies ontvang.
Nege bakkies is deur Bread for the World (BftW), 'n ontwikkelingsagentskap van Protestante Kerke in Duitsland, geskenk en die ander twee deur die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID).
IRDNC is sedert die tagtigerjare betrokke by gemeenskapsgebaseerde bewaring in die Kunene- en Zambezistreek. Hulle bied steun aan gemeenskappe om 'n inkomste uit wild en ander natuurlike hulpbronne te verkry. IRDNC ondersteun 48 kommunale bewaringsgebiede en een vereniging (33 in die Kunene en 16 in Zambezi) wat gesamentlik meer as N$75 miljoen se inkomste in 2018 verdien het.
Volgens IRDNC het hulle 'n vloot van meer as 30 voertuie waarvan 75% ouer as vyf jaar is en byna 60% ouer as tien jaar.
Hierdie nuwe bakkies sal IRDNC-veldspanne in die dorre Kunenestreek en vloedgeteisterde Zambezistreek ondersteun. Die USAID-voertuie sal spesifiek aangewend word om wildmisdaad in die Zambezistreek te help voorkom.
Die IRDNC-direkteur, mnr. John Kasaona, het tydens die oorhandiging van die voertuie Vrydag namens die bewaringsgebiede en gemeenskappe BfdW en USAID vir hul voortdurende steun aan Nambië se bewaringspogings bedank, asook vir Indongo Toyota wat die voertuie verskaf en vir die veld voorberei het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie