Bevestigde Covid-19-gevalle styg tot 196 gevalle

29 June 2020 | Gesondheid
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het pas aangekondig Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het met 13 tot 196 gestyg. Volgens Shangula is agt kontakte van bevestigde gevalle, drie is deel van 'n aktiewe soektog na gevalle en een het oor die grens gekom.

Agt gevalle is in Walvisbaai aangeteken, drie in die Hardapstreek, een in Oshana en een in die Zambezistreek. Die eerste geval in Oshana het sy oorsprong in Walvisbaai, so ook die drie gevalle in die Hardapstreek. Laasgenoemde se drie gevalle het vanaf Walvisbaai vir 'n begrafnis na die Hardapstreek gereis.

Uit die 196 gevalle het 34 herstel waaronder geval 22, 'n 63-jarige man van Walvisbaai wat vir 'n geruime tyd aan 'n ventilator in die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia Private Hospitaal gekoppel was en uit die hospitaal ontslaan is. Tans is daar 172 aktiewe gevalle.

Shangula sê 8 913 weefselmonsters is tot op hede getoets en 864 mense is tans in kwarantyn in die land.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

1 uur gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

1 uur gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

4 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

4 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

15 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

15 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...