Betrek jeug by beleidsrigtings, sê Mbumba
Henriette Lamprecht
'n Gepaste institusionele raamwerk wat alle werksgeleenthede en -inisiatiewe wat op die jeug fokus doeltreffend koördineer, monitor en evalueer.
Volgens die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, is dit nodig om werkloosheid onder die land se jeug te takel. Mbumba het tydens die bekendstelling van die oorsigverslag van werkloosheid onder die jeug in Namibië beklemtoon doeltreffende regering is 'n voorverveiste vir volhoubare inklusiewe ontwikkeling. Hy verwys na demokrasie wat 'n integrale deel hiervan is, met die land wat die konsep onderskryf dat deursigtigheid en verantwoordbaarheid gelykstaande aan vertroue is.
Die land se nasionale plan van aksie bevat duidelike vereiste prioriteite en optrede om die aandrywers van werkloosheid onder die jeug te takel. Dit onderskryf die behoefte aan balans en samehorigheid tussen beleidsprogramme en instellings.
Volgens Mbumba lê die plan se sukses in die betrokkenheid van vennootskappe tussen die openbare en private sektor, sowel as die burgerlike samelewing om proaktief op te tree om werkloosheid onder jong mense te takel.
Die plan verwys ook na die regering se programme wat geïmplementeer is om die jeug te ontwikkel en te bemagtig.
Hy sê die kabinet het opdrag aan die nasionale beplanningskommissie gegee om die nasionale plan van aksie deel van die land se nasionale ontwikkelingsplanne en -strategieë onder aanvoering van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens te maak.
Mbumba het beklemtoon die groeipotensiaal van Namibië en die vasteland kan slegs ontwikkel word deur die insluiting van jong mense in hoofstroom beleidsrigtings en herstelpogings van die ekonomie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie