Bethanie se kapteinshuis word 134!
Tanja Bause – Kaptein Josef Fredericks was die leier van die Nama-volk op Bethanie, en het in 1883 in ’n huis ingetrek wat deur ’n onbekende Europeër gebou is.
Dié huis is in dieselfde boustyl as Schmelenhaus op die dorp gebou. Plat stene is vir die mure gebruik en kameeldoringbalke, wat met rooi klei afgewerk is, is vir die dak gebruik. Die huis lyk vandag grotendeels nog soos dit gelyk het toe dit destyds gebou is.
Op 1 Mei 1883 het Fredericks ’n verdrag met mnr. Heinrich Vogelsang, ’n verteenwoordiger van die sakeman mnr. Adolf Lüderitz, in dié huis onderteken om grond aan laasgenoemde te verkoop.
Lüderitz het Angra Pequena en die grond in ’n radius van 5 myl (8 km) daarrondom vir £100 in goud en 200 van kaptein Fredericks se gewere gekoop.
Drie maande later het Fredericks ’n stuk grond van 140 km tussen die Oranjerivier en Angra Pequena vir £500 en 60 gewere aan Lüderitz verkoop.
Fredericks het op 28 Oktober 1884 ’n beskermingsverdrag met die Duitse ryk in die huis onderteken. Dit was die tweede in sy soort in die destydse Duitswes-Afrika ná ’n beskermingsverdrag twee weke vroeër met die Rehoboth-Basters onderteken is.
Die huis is later aan behoeftige inwoners van Bethanie verhuur, is vir raadsvergaderings gebruik en het in ’n stadium ’n biblioteek gehuisves. Tussen 1970 en 1990 het die gebou vervalle geraak tot die Nasionale Monumenteraad se komitee vir SWA dit opgeknap het.
Die huis is op 15 Junie 1951 tot ’n nasionale monument verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie