Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

Verligting vir dié wat in Maart laas betaal is

10 May 2021 | Vervoer
Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat vir ex-gratia-betalings aan Air Namibia se personeel opsygesit is.

Die uitbetaling vorm deel van die pakket wat ná die likwidasie aan die vervalle lugredery se 629 werknemers gegee is.

Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, verneem dat dié betaling slegs 33% uitmaak van die geld wat aan die werknemers beloof is, terwyl die oorblywende 67% teen einde Julie betaalbaar is.

Werknemers het einde Maart hul laaste salarisse ontvang. Die ex-gratia-betalings vir April was dus 'n welkome verligting vir personeel wat toenemend bekommerd geraak het oor hul lewensbestaan ná die skielike sluiting van die nasionale lugredery.

Jooste het bevestig die werknemers het ook skeidingslone van die lugredery se likwidateurs, Bruni en McLaren, ontvang wat gelykstaande is aan N$105 miljoen.

Op 'n mediakonferensie wat in Februarie gehou is, het Jooste en die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, aangekondig Air Namibia-werknemers sal almal 12 maande se salarisse ontvang ná die regering se besluit om die maatskappy te likwideer.



GEEN AANSPREEKLIKHEID

Jooste het die regering in Februarie tot dié betaling verbind, op grond daarvan dat die staat geen aanspreeklikheid sal aanvaar vir die verval van Air Namibia nie.

“Ons sal ook verduidelik die kabinet het die ex-gratia-betalings (betaling sonder erkenning van aanspreeklikheid) aan die werknemers goedgekeur sodat hulle 12 maande se salarisse kan ontvang, en dat hierdie bedrag oor 'n tydperk van 12 maande betaalbaar is,” het hy geskryf in dokumente wat by die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) ingedien is.

Vóór die sluiting was die lugredery een van die grootste ontvangers van reddingsboeie en het die afgelope dekade ongeveer N$8,4 miljard ontvang.

Shiimi het voorheen gesê Air Namibia is 'n entiteit wat sedert sy ontstaan 'n verlies maak en dat aansienlike bedrae nodig was om die lugredery van sy skuldsituasie te red.

Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) en die gelikwideerde Belgiese maatskappy, Challenge Air, het albei om likwidasie aansoek gedoen.

Die lugredery se twee gehuurde Airbus A330's is sedertdien na Leipzig, Duitsland, teruggeneem vir opknappings, terwyl nog twee Airbus A319-vliegtuie tans vir dieselfde doel in Johannesburg is.



AMERIKAANSE REKENING

Benewens finansiële verpligtinge teenoor Air Namibia se personeel, moet die regering ook die Amerikaanse maatskappy Castlelake 'n verstommende N$2,5 miljard betaal ná die kansellasie van 'n huurkontrak van twee Airbus A330-vliegtuie wat deel van die lugredery se vloot uitgemaak het.

Die regering het ingestem tot 'n waarborg ter waarde van N$2,5 miljard om die twee vliegtuie te bekom, sonder dat die kontrak 'n beëindigingsklousule bevat het.

Jooste se pogings om te onderhandel oor Air Namibia se uittrede uit die ooreenkoms – insluitend 'n reis na die VSA – het niks opgelewer nie.

Anders as ander Air Namibia-skuldeisers wat op hul aandeel wag nadat die likwidasie in die howe afgehandel is, verwag Castlelake hul geld direk van die regering wat as borg vir die lening gestaan het.

Jooste het verlede maand aan Namibian Sun gesê onderhandelinge met die Amerikaners oor die strukturering van die betalingsvoorwaardes is aan die gang.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag...

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

4 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

10 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

20 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...