Besware dat wetsontwerp deur vir geweld ooplaat
Besware dat wetsontwerp deur vir geweld ooplaat

Besware dat wetsontwerp deur vir geweld ooplaat

'n Klagskrif is reeds opgestel wat op gelyke beskerming vir alle Namibiërs teen huis­houdelike geweld aandring. 'n ­Betoging word vir volgende maand beplan.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die ministerie van justisie is onder druk om 'n gewysigde wetsontwerp op huishoudelike geweld aan te pas om vir alle ­slagoffers van gesinsgeweld beskerming te bied, ongeag die geslag van hul huweliksmaat.

'n Klagskrif wat vir alle ­Namibiërs gelyke toegang tot geregtigheid en ­beskerming teen gewelddadige ­eggenote eis, het begin met die beplanning van betogings wat ­volgende maand sal plaasvind.

Die klagskrif, getiteld #EqualProtectionNamibia, eis dat die regering die uitdrukking “van verskillende ­geslagte” moet verwyder in die ­wets­ontwerp op die bekamping van gesinsgeweld wat verlede maand deur die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, aan die parlement voorgelê is.

Me. Florence /Khaxas van die Y-Fem Namibian Trust het gesê ­benewens die klagskrif, beplan die organiseerders ook vreedsame ­optogte in Windhoek en op Walvis­baai, Gobabis en Keetmanshoop.

“Ons doen 'n beroep op ­Namibiërs om hul lewenservarings te deel oor waarom dit belangrik is dat die ­taalgebruik van die wysigingswets­ontwerp op die bekamping van ­gesinsgeweld verander moet word, aangesien dit tans die Grondwet oortree,” het /Khaxas gesê.

Sy benadruk die gebrek aan gelyke beskerming vir paartjies van ­dieselfde geslag is in 2016 deur die ­Verenigde Nasies se Menseregte­kommissie ­aangevoer. Die destydse kommissie het beklemtoon dat verhoudings van ­dieselfde geslag by die gewysigde wet ingesluit moet word.

Kort nadat Dausab die wetsontwerp op 18 Februarie by die parlement ingedien het, het 'n herrie ontstaan oor die diskriminasie van die wetsontwerp op individue in ­verhoudings met persone van dieselfde geslag.

Deur die frase “van verskillende ­geslagte” in te sluit, word diesulkes van beskerming deur die wetsontwerp uitgesluit.


ONGRONDWETLIK

“Ongeag individuele parle­mentslede se houding teenoor verhoudings van dieselfde geslag, is dit skokkend dat die parlement nie die wet teen huishoudelike geweld wil uitbrei sodat dit ook egpare van ­dieselfde geslag beskerm nie,” het me. Dianne Hubbard van die Legal ­Assistance Centre (LAC) destyds gesê.

Hubbard sê die eenvoudige stap om die frase te verwyder, sal beskerming vir almal verseker.

Sy het ook benadruk die LAC ondersteun die wysigingswetsontwerp in die algemeen, maar was geskok dat “die parlement nie die beskerming van die wet wil uitbrei sodat dit ook egpare van dieselfde geslag insluit nie”.

Hubbard het bygevoeg die ­parlement se standpunt teen LGBTQ moet geen invloed op die aanpassing van die wetsontwerp hê nie.

“Sommiges meen die aanpassing sal geen invloed op huwelike van ­dieselfde geslag hê nie, aangesien die wet getroude en ongetroude mense insluit.”

Die frase kom slegs voor ten opsigte van romantiese verhoudings en persone wat saamwoon. Niks aan die huwelik sou verander nie. Die saak moet dus nie eens kontroversieel wees nie.”

Hubbard het benadruk die ­weiering om beskerming ingevolge die ­gewysigde wet uit te brei tot mense in verhoudings met dieselfde geslag, ondermyn die grondwetlike beginsel dat alle mense gelyk voor die wet is.

“Die wet soos dit nou staan, dui daarop dat sommige mense meer ­beskermd teen geweld as ander is. Dit is waarom ek glo dit is ongrondwetlik.”


GEEN KOMMENTAAR

Tot op hede wou die ministerie van justisie nie kommentaar lewer op die kritiek en kommer oor die ­in­herente diskriminasie teen die LGBTI-­gemeenskap in die wets­ontwerp nie.

By die indiening van die wetsontwerp het Dausab gesê huishoudelike geweld en diskriminasie van vroue en kinders het 'n ­kommerwekkende vlak bereik.

“Die Grondwet ­waarborg nie net die gelykheid van alle mense, ongeag hul geslag, voor die wet nie, maar maak ook voorsiening vir vryheid van ­diskriminasie,” het sy benadruk

In April 2019, toe sy voorsitter van die Kommissie vir Regshervorming en -ontwikkeling (LRDC) was, het Dausab gepraat oor die tekortkominge van Namibië se wetgewende ­raamwerke met betrekking tot gelyke regte ingevolge die wet vir LGBTI-plus-­gemeenskappe in Namibië.

Tydens 'n rondetafelgesprek aangebied deur die kantoor van die ­ombudsman oor seksuele ­oriëntasie en geslagsidentiteit, het sy gesê daar is “skreiende uitsluitings” in die ­wetgewende raamwerk van die land wat voldoende waarborge beperk om die LGBTI-gemeenskap te beskerm.

Sy het gewaarsku “die afwesigheid van beskerming” maak die LGBTI-gemeenskap kwesbaar vir diskriminasie, viktimisering en verguising.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47%