Besigheid skenk N$60 miljoen vir droogtehulp
Namibia Post and Telecommunication Holdings (NPTH), die moedermaatskappy van Nampost, Telecom Namibia en MTC, het N$60 miljoen vir droogteverligting geskenk.
Me. Lena Kangandjela, NPTH se raadsvoorsitter, het Donderdag by die geleentheid gesê: “Hierdie skenking is gemik op die versterking van die regering en om die Namibiese volk se geloof en vertroue in hul regering te herstel om in moeilike tye te voorsien.”
Die skenking is in reaksie op pres. Hage Geingob se versoek dat vrywillige bydraes tot die nasionale droogtehulppoging gelewer moet word.
Ná die president vanjaar se droogte in Mei tot nasionale noodtoestand verklaar het, probeer Namibië lewens red, voedselsekuriteit beskerm en erg geraakte gemeenskappe van voortbestaan te verseker.
Kangandjela het ander besighede en individue aangemoedig om die regering ter wille van dié gemeenskappe ook finansieel by te staan.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Stanley Simataa, het die skenking namens die regering ontvang.
“Ons moet wegbeweeg daarvan om net op droogtes te reageer, maar eerder die nodige veerkragtigheid ontwikkel wat ons in staat sal stel om die impak van droogte te verlig,” het hy gesê.
Simataa het gesê verslae oor die administrering van droogtefondse word gereeld vrygestel.
Die internasionale selfoonreus Huawei het verlede week met besoek aan Geingob by Staatshuis hul skenking van N$300 000 aangekondig.
Staatsondernemings en besighede in die energie- en mynbousektor het in Junie ook skenkings gemaak.
Beide NamPower en Namdia het N$15 miljoen geskenk, en die Kamer van Mynbou N$5 miljoen.
Swakop Uranium, wat die Husab-uraanmyn besit, het in Mei N$250 000 tot droogtehulp bygedra.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie