Besige langnaweekpaaie verwag

20 May 2020 | Vervoer
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds (MVAF) maan Namibiërs in ’n verklaring vanoggend om veilig te bestuur en gehoor te gee aan die Covid-19-regulasies wanneer hulle hierdie langnaweek reis.
Druk verkeer word op paaie verwag met Hemelvaartdag wat môre gedenk word, en Afrikadag wat Maandag gevier word.
Padgebruikers word gewys op die reëls oor die toegelate hoeveelheid mense per voertuig soos deur die regulasies voorgeskryf word, asook dat almal in die voertuig maskers moet dra en die nodige fisieke afstand handhaaf.
Verder sê die MVAF mense moet seker maak voertuie is padvaardig voordat hulle in die pad val, en rekenskap hou met ononthoude by padblokkades waar Covid-19-skanderings gedoen word.
Indien padgebruikers op ongelukke langs die pad afkom, moet dit by die MVAF se noodnommer 081 9682 aangemeld word.

Foto: Nampa

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

1 uur gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...